Jesus, I am struggling
I am struggling to see
I’m doubting your provision
Still my mind to remember

Humility, Andrew Blooms

Die afgelope maand gaan eintlik goed. Nie altyd goed goed nie, maar stabiel en sterk mentally en fisies. Ek het hierdie jaar ingetree met ‘n klein bietjie meer mening en bietjie meer gesondheid. Nie dat ek enige van my long term issues opgelos het nie. Maar net meer krag.

Maar hierdie week was verbasend moeilik op my gedagtes.

Eers moes ek besluit of ek na die selgroep toe gaan of nie hierdie week. Die redes vir en teen dit. En ek voel so aaklig teenoor Ta-. Eks nie seker hoekom nie. Ek het seker gemaak dat my verduideliking aan haar geen leuens het nie, of enige deceit nie. So nou wonder ek of ek steeds verkeerd opgetree het en of ek reg is om nie te gegaan het nie.

Behalwe vir dit, ek het Dinsdag in ‘n oomblik van mening en besluit om sommer nou een van my Nuwe Jaars resolusies aan die gang te sit: om daai oor spesialis te sien.

Ek het vanoggend heel oggend gestres oor dit. En wragties het ek weer duislig geword op dieselfde plek as laas. Ek het hom meer vrae gevrae oor my kondisie. Lyk my daai spuitgoed is goed. Maar die tinnitus is eintlik van oorskade.

Ek glo die Here kan dit genees.

Ek waardeur dit dat hierdie dokter so vriendelik was.

Hyt ook genoem dat hy ‘n gatjie in my verhemelte sien en hy weet nie of dit laas daar was nie. Nou weet ek nie of dit so was en of ek wragties agteruit gegaan het met dit ook nie!

Overall gaan dit goed, maar vandag veral is ek net bietjie weer plat. Eks bly ek het gegaan. Eks bly ek weet die dinge nou. Al wonder ek nou of ek moet uitvind oor daai gat. Damn dit! Damn dit erg! Hel toe!

In beter nuus, gister het ek die meisie langs my gevra oor iets wat ek gesien het. Dis vir haar troeteldiere. Sy het gese daai diertjies is weg vir nou, maar wanneer hulle terug is sal sy my aan hulle voorstel. En sy sê dit met ‘n wink emoji.

Mmm…

Na my antwoord, het sy gesê volgende week wanneer hulle terug is sal sy volgende week, weer met daai emoji.

Mmm mmm…

Is dit… flirting? Seker nie?

Vandag het ek uiteindelik die kans gekry om daai moeilike kat te vryf. Soos ek dit gedoen het, het sy aangekom. Ek het iets stupid gesê oor die kat en gevra hoe dit gaan met haar diertjies. Ek wonder wat sy van my dink na dit, ek was seker weird en stupid in haar oë. ‘n Deel van my wou he sy moet my sien dat sy kan sien ek hou van katte en ek is so tipe ou. Vanity.

Ek wil haar nie ongemaklik maak nie. En ek is bang my eie motivations is verkeerd.

Maar sy is nogal mooi en sy het ‘n baie mooi stem.

En tog, na vandag by die dokter, wil ek net weer in my skulp inkruip en alles net laat gaan. Die regte persoon sal kom op die regte tyd. Ek is moeg vir my eie motivations, vir my eie trots, my eie vanity, slegte gedagtes. Ek wil net laat gaan.

Dit gaan steeds goed ten spyte van die. Maar dis net ‘n deurmekaar dag en ‘n bietjie van ‘n swaer emosionele week. Nie so swaar as van die moeilike weke laasjaar nie (ver beter darem), maar moeiliker as wat ek verwag het.

Leave a comment