Sin amor los manos me ayudarán nadie

De Nada Me Vale, Aleja Rodríguez and Santiago Benavides

Die Kaap was regtig goed gewees. Ek het nie geweet ek het dit nodig gehad het nie.

Ek het ingegaan met die naweek bietjie af oor Ale-, maar teen die einde was ek optimisties. Ek het haar selfs ‘n mooi maar vrek duur boek gekoop. Want ek is ‘n idiot wat glo in hoop.

Vandag, die dag na ek terug is, was die weer die selgroep. Sy was daar. Ek weet nie wat om van haar te maak nie. Wat om van haar te dink nie.

As sy so Engels praat kom sy voor as baie streng tenspyte van haar casual manier. Dalk is dit net die aksent wat sy gebruik. Dis daai kant van haar wat my bang maak en wat so distant van my voel.

Dis soveel anders as daai ander kant wat so sag is en oop is.

Maar deesdae, selfs vanaand toe ek haar message, is sy baie meer passievol in haar antwoorde. Steeds initiate sy geen gesprekke nie. Maar daars nog nie weer enige “Cheers, bye”s nie, as dit sin maak.

Ek weet nie.

Vandag en in die Kaap was ek op ‘n 8 uit 10 van ontspanne oor haar. Ek is vanaand so 7. ‘n Klein dip maar nie so erg nie. Ek het gebid dat die Here my hart sal oppas dat ek nie heeltyd daai highs en lows ervaar nie. Dis te veel.

Maar ek voel geduldiger deesdae. Of ek dink so, kom ek sien hoe gaan dit more.

Maar nou het ek die boek en ek moet dit vir haar gee.

Ek weet vir ‘n feit dat of dinge uitwerk of nie, ek sal nie spyt wees oor al die geld en moeite wat ek uitgegee het nie. Dis omdat ek van haar nie. Nie sodat sy van my moet hou nie.

Maar dit sou nice wees as sy doen. Baie nice. Baie laat vanaand het sy ‘n oomblik vir my gekyk, maar ek dink dit was net om die woorde op my hemp te lees. Maar steeds het net die idee van haar belangstelling in my my vir daai oomblik bly gemaak.

Ek weet nie.

Ni- het my na die tyd gevra oor die… issue. Dis die eerste keer ooit wat iemand my vra oor hoe dit my sielkundig beinvloed het. Ek het haar gese dis baie moeilik. Want dit beinvloed vriendskappe en verhoudings en al daai. Uiteindelik iemand wat besef.

Wat my ook laat wonder. Ek kan so spontaan praat met haar oor iets so sensitief soos die. Of met Ta-. Of Di-. Of Chr-. Maar met haar kan ek nie. Lo- gee die idee dat dit in tyd sal kom. Seker. Maar ek wonder ook net of ek als net moet los.

Soos op ‘n punt is dit asof sy nie eintlik ‘n Christen is nie en ek als moet los. Maar dan dink ek weer dat sy wel probeer en dat ek nie op haar wil opgee nie. Dom as wat dit dalk is.

Ek weet niks

Leave a comment