Tu Mano en La Mía

Anoche soñé una vez más… Estuvimos en el teatro. ¿Por qué quieres verme? Soy un monstruo en comparación con tu. Mi cara, my voz, y todo de mí gritan “¡Aparta la mirada!”. Y sigues conmigo… Nunca lo entenderé. La única cosa que sé es la sensación de tu mano en la mía.

Advertisements

Parents are blind

I’ve just finished watching another two episodes of Flash season 1 (I’m late, I know). I appreciate the level of maturity and, well, heroism that we don’t see in even superhero shows and movies nowadays.

Just a few minutes ago we made ready for bed when my grandmother called my mother. My grandmother is on vacation. She saw a video or photo of me at a show we attended last night. She said her two sisters (who haven’t seen me in years) think I am very handsome. My grandmother does too. They especially like my hair.

It’s kinda funny. Kinda irritating. If I can pride myself on one thing it is to know how I really am. I know no person can ever truly know himself. There is always some aspect that you cannot see, whether it be good or bad. Let me put it bluntly: I am not handsome. I am alright with a photo of myself, sometimes. I hate seeing videos.

I was born with a cleft lip and palate. This has left me with some orthodontic issues and, the most irritating thing of my life, a speech impediment. I used to think that I would be fine if I had one of the two: if I can either speak clearly or look handsome. If I could just have one, I would happily live with the other. For a while I thought I could achieve that. But I haven’t and I do not think I ever will.

In fact, let me tell a another short story. I’ll keep it short. There’s this Christian book store that I like to go to close to my home. I had to pay for parking, but the machine won’t take large notes. So I thought I’d buy myself a bookmark at that bookstore just to get change. At the counter I was helped by a pretty girl. I remember daydreaming afterwards of how I should go and buy something else this week just so I can maybe see her. But as I was thinking about this I reflected on my self esteem. As I’ve concluded many times, I don’t have one. Like I have no qualms being with friends or talking to girls when I have to (for work or whatever). But when it comes to relationships, to asking someone on a date, to do stuff like that, I know there’s no hope. It might be cognitive dissonance speaking, but at the same time I know there is hope. To paraphrase Dostoevsky, a man cannot have these two ideas and keep living.

I am always keenly aware of those very old photos and videos of myself. I am aware of how I sound (I am putting this very lightly). I am aware of how I look. How that one tooth usually shows because my lip doesn’t quite hide it when I’m not concentrating.

If you have similar issues, whether it be some physical aspect that you can’t change, or perhaps some personal thing, you know what I mean when I say that I know I am not handsome. Your family will disagree with you. In your heart you know they are wrong. You don’t think they are lying. They have known you for decades and they’ve grown used to you. So in their eyes you really are attractive. But you know that’s not the case for the rest of the world. So you just smile, take the compliment, and ignore it.

In daai bui…

Ek was lanklaas in hierdie bui. In hierdie droom bui waar ek dagdroom oor die liefde van my lewe. Die bui waar ek net rustig is, tenspyte van werk en stuff. Daai bui waar ek voel alles gaan aan al is daar dinge wat my pla. In daai bui.

Ek het more daai mock mediation ding. So dit stres my so bietjie. Veral dat ek so vroeg moet opwees. En ek weet daai methodology is volgende week, so my naweek kan besig wees. En ek dink amper hy het gevra dat ons more aand iets gaan doen. So dit kan nogal problematies wees. Maar verder kan ek regtig nie kla nie.

Verder weet ek nie wat om te sê nie.

Ek het onlangs Scott Pilgrim vs the World gekyk by myself. Damn dis goed. “I’ll just leave you alone forever now”. Daars nogal baie hart in die fliek eintlik. Ramona wat wel omgee is nogal nice.

En ek het begin om Black Mirror te kyk. Ja… En verder saam my ma kyk ek The Legends of Tomorrow. Ek moet regtig oor my bias teen dinge kom. Eks so maklik om dinge te oordeel. “DC shows is sleg” dink ek. En hierdie show is eintlik nice. Niks te goed nie, maar net ‘n decent superhero show. En ek waardeer dit. Eks nie heeltyd bang daars ‘n sex scene soos in Jessica Jones nie. Daars nie diep ideologiese issues soos in DareDevil nie (al like ek dit). Ek kan dit net kyk en geniet.

Twee dinge pla my op ‘n diep manier deesdae. Die een is dood. My vrees vir die idee dat almal en alles wat ek ken eventually gaan doodgaan, dalk binnekort, pla my nou en dan. Dan onthou ek verse soos “we mourn, but not as the world mourns”. Dit help regtig. Eks seker as ek nie ‘n Christen was nie sou ek in ‘n full scale existential crisis gaan. Nie dat ek naby aan dit is nie. As ek worry oor dit is dit seker maar ‘n 4/10. Ander tye so ‘n 2/10. Maar was ek nie ‘n Christen nie, maklik 8/10.

Die ander ding pla my nie maar dit interesseer my: die idee van forginess en guilt. En guilt is regtig nodig. Ek sien dit in Reddit se anti-porn community. As ons iets sleg doen moet ons sleg voel. Dis waar die Wet inkom. Maar dis nie goed genoeg nie. Ons kort ook ‘n deliverance van daai guilt. Ons kort vergifnis. Ons regtig kort dit.

 

Weer ‘n Update

Eks nie eintlik lus om te skryf nie. Maar ek voel dit sal goed wees om ‘n update te gee.

Dis insane hoe die tyd loop. Eks so te sê klaar met die brunt van my klasse. Ek het dalk nog ‘n klas vir daai ou volgende week. En in twee weke daai mock mediation ding. En ek het nog hier en daar werk. Maar dis dit. Dans dit net rustig werk aan die research. Ek het acclimatise dot meesters. Ek voel weer soos laas jaar: heeltemal tevrede met hoe ek dinge beheer. Nie dat ek nie stres nie. My methodology suck. En daars nog werk in die research wat voorlê. Maar dis soos om nou daai tweede helpie kos te eet: die meeste is klaar geeet, dis nou net ‘n klein bietjie wat voorle. Of nie so bietjie nie. Eintlik baie. Maar die meeste stres is verby.

En algeheel persoonlik gaan dit eintlik goed. Ek kan regtig nie kla nie. Ek besef wanneer dit goed gaan is wanneer ek tyd mors. Soos ek het onlangs Minecraft begin speel. Ek kan code of piano speel of research lees. Maar eks in daai bui van “jy het tyd, so mors tyd”. Dis hoe ek voel. Maar ek weet dit vat net weer ‘n skok. Net weer ‘n clickup notification wat se “Hey, daai proposal moet al hierdie dinge in hê” en skielik stres ek weer en is ek wakker.

Maar vir nou moun ek nie. Ek wel siek. Ek hoes. Dis maar al. Ek het wel ‘n tydjie laas my pa gesien. En van my vriende. En ek weet volgende week gaan ek nie juis tyd hê nie. Maar verder kan ek regtig nie kla nie. Geen massive issue wat een van my vriende of familie pla nie. Geen meisie wat ek oor obsessed is nie. En dis nice.

Kriteria

‘n Paar jaar terug op skool het ek ‘n lysie gemaak van sekere features wat die liefde van my lewe moet hê. Of sal hê. Ek weet nie of ek dit nog het nie. Ek het op universiteit êrens iets soortgelyks op hierdie blog gesit. Ek wil nou weer so ‘n iets skryf.

Die gevaar is dat dit nie anders kan wees as om selective te lyk nie. Moenie worry nie. Ek het al geleer dat wat ek soek is nie noodwendig wat ek soek nie. Wat ek wil hê is nie noodwendig wat ek wil hê nie. In ander woorde, wat ek gaan skryf is ‘n klomp nonsens. As sy die teenoorgestelde is van wat ek hier sê en ek het haar lief is dit juis hoekom ek haar sal lief hê: dat sy glad nie is wat ek verwag het nie. So as dit kom op daai punt, weet net hierdie is nie kriteria nie. Dis net wat ek met my klein kop en hart na soek.

Soos baie mense het ek ‘n vrees om uit te voel. Ek is meeste myself saam my vriende. Die beste ding is om te weet dat daai ou daar is my beste pêl. Ons het ‘n understanding wat die ander mense nie het nie, al praat ons dalk nie daai hele tyd nie. Ek soek dit met haar ook. Om te weet ons is saam. Dat ons ‘n span is. ‘n Team. Ek het êrens gelees dat ons die verkeerde idee het van die storie van Eva wat Adam se “helper” is. Een of ander skolier het gesê ‘n beter term is ally. Soos ‘n ally in war. Dis bleddie awesome. Dis wat ek soek: ‘n ally.

Ek, my ma, my ouma en my oupa was onlangs saam Menlyn Mall toe vir die dag. Hulle het ‘n ongelooflike goeie boekwinkel. My ouma het afgekom op ‘n boek of ‘n quote of ‘n ding wat iets mooi gesê het: “The perfect wife is one who does not expect a perfect husband”. Dis nogal mooi. Dis basies my twede kriteria: wees redelik. In alle dinge in die lewe. Wees redelik oor wat jy van my verwag, en veral ook wat jy verwag van die lewe. Ek sal streef om perfek te wees. Maar moenie verwag dat ek is nie. As ek iets kleins vergeet of die of daai nie doen soos hoe jy wil hê ek moet nie: los dit. As ek dalk die melk altyd in die deur van die yskas sit en jy verkies dit agter in die yskas… so what? Sulke klein dinge is niks. Die lewe ook is nie perfek nie. So asseblief, moenie kwaad word oor elke stupid ding nie. So what as ou op die tv dit of dat gesê het. So what as daai taxi ‘n bietjie te stadig ry. Ja, wees kwaad vir ‘n minuut. Dis alright. Maar dan moet jy dit laat gaan. Moenie laat dom dinge jou oorheers nie.

Laastens… wees net ‘n goeie en respekvolle mens. Ek voel dit goes without saying. Iemand wat ek aan my ouers kan voorstel sonder om skaam te kry. Iemand wat my hanteer soos ek is. Nie as ‘n wurm of as ‘n god nie. Wat my verstaan, in al die definisies van daai woord. Dis al. Ek is selfsugtig. Ek begin dit besef. Maar dit sal nice wees as jy nie is nie. Nie sodat jy eerder op my kan fokus nie. Maar sodat jy my kan help om beter te wees.

Dis basies al wat ek soek. Ja daar kom ander idees wat soms in my kop inkom. Soos dit sal nice wees as sy die of dat doen of hy van die of daai (veral van wat ek van hou), maar nee. Niks van daai maak saak nie. Of dit maak saak, maar ek mind nie.

Dan net ‘n klomp beloftes.

Ek weet ek sal goed wees en omgee. In ‘n partyjie of een af ander event sal ek altyd of by jou wees of bewus wees van jou. Al is ek by vriende sal ek altyd bewus wees hoe jy voel. Of jy bly is. Of jy eensaam is. Of jy wil gaan. Of bly. Jys my ally. Ek weet hoe dit voel as jou vriende by so ‘n event net distant voel. Asof jy alleen is daar. Jy sal nooit so voel nie.

En al daai kriteria bo, daai drie punte, ek sal dieselfde doen. Of probeer doen. Ek sal redelik wees. en ‘n ally wees, en altyd respekvol wees teenoor jou en almal wie jy liefhet. Ek sal jaloers wees. Dit belowe ek. Maar nooit controlling nie. Nooit clingy nie. Ek sal jou nooit weghou van goeie mense nie, of dit ‘n vriendin is of ‘n vriend. 

As dit kom by volwasse wees, wel… Dit maak my bang. Ek wil nie eers praat van “man” nie. En ek wil nie eers dink om jou eendag “vrou” te noem nie. Daai volwassenheid en verantwoordelikheid is ek nie nou voor reg nie. Dis iets wat ek aan moet werk. Maar hopenlik hier kan jy help.

Is enige iets meer as dit nodig? Dis al wat ek soek.

 

O en jy moet darem hou van katte.

‘n Droom van daai Meisie

Volgens WordPress het ek al meer as 200 posts geskryf. Dis nogal iets daai. ‘n Goeie deel van daai het gegaan oor ‘n meisie wat ek in eerste jaar ontmoet het. Die heel eerste inskrywing op hierdie blog was ek wat in letterlik die slegste naweek van my lewe oor haar gepraat het.

Syt my gedagtes en ‘n klomp dinge in my nogal rondgeneek sonder dat sy besef het. Maar my omstandighede was seker net so belangrik.

Maar ek het vanoggend van haar gedroom weer en dit was so, so mooi. So realisties eintlik. Of onrealisties in ‘n sin, maar realisties.

Sy was dieselfde, en ek was wie ek nou is: ‘n klein bietjie versigtig en hopenlik meer mature. Ek het haar raakgeloop op kampus kort na ek my suster bye gesê het. Ons het sulke nuwe gebouens deurgesoek terwyl ons gepraat het oor ons studies en stuff. In my droom was sy besig met haar derde jaar in onderwys. Dit was ‘n lekker tyd. Sy was baie keen om te reël dat ons mekaar weer moet sien. Ons het gegroet, maar die drukkie om baie te sê was hilariously awkward. So toe loop ons nog ‘n entjie rond met ons arms oor mekar se skouers. Ek wonder of sy langer was in my droom? Haar hare was langer as normaal.

Ek onthou tydens dit als het ek in die begin klaar besluit dat ek haar nie weer sal sien nie, al het ek gesê ek sal. Want ek wil nie weer deur daai nonsens gaan nie. Maar op ‘n stadium was dit so goed. Op een deel het ons stilgestaan, en vir ‘n oomblik wou ek haar soen. Ek dink sou goed geloop het. Maar ek het gedink “Hey, jyt sopas in haar vasgeloop na so ‘n lang tyd. Jy kan nie nou dit doen nie!”.

Sy wou ek hê ek moes haar help met een of ander administratiewe issue. Sy was teleurgesteld toe sy hoor dat ek nog niks aan dit gedoen het nie. Ek het haar verkeerd verstaan.

Dis funny hoe mense wat jy min aan dink soms net in jou droom oppop.

Ek sal daarvan hou as alles net ophou

Ek sal daarvan hou as alles net ophou
Net ‘n bietjie dink

Ek sal daarvan hou as alles net ophou
Net eenvoudig ophou

Vanfokkingtasties

Hierdie liedjie som op hoe ek voel. Nie heeltemal nie. Ek meen dinge kan soveel erger word. En dis eintlik goed op die oomblik. Maar dis asof ek swakker word. Dit vat net een stres volle ding om my van balans af te gooi.

Soos daai tandarts wat ek so baie sien deesdae. Daar sê sy my dis R3000 net vir daai een besoek! En skielik weer daai stres wat ek voel. Dis eintlik aanvaarbaar, die geld. Maar die skok maak my sukkel om aan te gaan werk.

Soos ek stres nie nou te veel oor dinge nie. Maar stres is my companion deesdae. ‘n Stil companion. Hys nie heeltyd in my gesig nie. Maar hys heeltyd daar. Hierdie taak, daai taak, my research, daai lektor, hierdie ding wat kom. Eks konstant bewus van dit. Konstant gestres, gepla. Ek sukkel om myself heeltemal van dit af te sny. Half omdat ek voel ek het nie die reg om myself af te sny nie, dat ek nie hard genoeg werk nie so dit sal immature wees om dit af te sny.

Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie. Dis nie asof ek nou sit en myself doodstres nie. Eks halfpad klaar getik aan ‘n taak wat ek letterlik eers in ‘n week moet submit. En my research het nie ‘n definitiewe datum nie – wat half die probleem is. Maar tog die stres is daar. Die hele tyd. Soos ‘n ligte tandpyn hele tyd. Nie erg nie, net daar.

‘n Kort Update

Ek voel bietjie af. Ek weet nie hoekom nie. By all accounts is dinge eintlik alright. Eks heeltyd reminded van C. S. Lewis wat sê dat ons die command om te rejoice te veel afskeep.

Ek dink die phrase “All work and no play makes Jack a dull boy” apply amper. Nie dat ek heeltyd werk nie. Ek meen eks besig (baie besig), maar ek tyd gehad om te lees, piano te speel en ek kan op hierdie oomblik CS Go speel, wat ek maande laas gedoen het. Dalk moet ek.

Eintlik ek dink dis omdat ek nie eintlik ‘n oomblik se privaatheid het nie. Sy is hier. En dis goed op ‘n manier, maar hulle los my nie uit nie. Ek kan nie ‘n uur iets doen sonder dat een van die twee my roep vir dit of dat, of ek moet haar daar of hiernatoe vat, of hulle dink net hardop. Of ander dinge.

Ek dink dit kan help as ek my vriende sien. En ek het Saterdag eintlik. Maar ja.

R’lyeh

In the shadowy depths, beneath the crashing waves in the dark, cold trench long forgotten by humanity lies the casket the size of a skyscraper. The casket is shaking. The Great Old One is restless. For countless eons he has been resting. The time is drawing near. The time to reassert his horrible dominance of fear over our dreams, the time to drive us mad and to self-destruction. The earth is shaking. Nighmares of great titans not of this world is driving people to insanity. Visions of beings beyond the stars, beyond this reality. From another dimension… from which we came countless ages ago… and to where they will take us once again. To even glimpse one of these Old Ones is to have your mind turned to mesh.

Net ‘n Update

Die wêreld is mal
Kompleks en kwesbaar
Mense wat oor mekaar val

Die wêreld is mal
Jy is uit die uitsondering
Want die wêreld is mal

Die Wêreld is Mal – Francois van Coke

Ek skryf hierdie meer vir myself want ek het maande laas iets gesê van waar ek in die lewe is. Ek moet eintlik bleddie werk want ek gaan vanmiddag ‘n tandarts sien. Hierdie tandpyn het my laasweek uit die slaap uitgehou en dis iets wat nooit gebeur nie.

So… ek doen meesters op die oomblik. In “Diplomatiese Studies”, of so sê hulle. Dis al meer as ‘n maand en dis so… disappointing. Die een module het absoluut shit te doen met diplomatiek. Die ander is net methodology, en die ander module is net half interessant want die ander halfde is daai flippen decolonial kak.

Ek voel asof ek mal is. Ek is mal. Of dit of almal in die hele departement is van hulle koppe af. Dis insane. Almal kyk op na hom asof hy een of ander nuwe up-and-coming denker is. Asof wat hy sê profound is. Soos nee! Wat de hel? Het niemand van julle enige kennis van filosofie nie? Nie dat ek het nie. Al wat ek weet is die basics: objective truth. En dis die een ding wat hy bevraagteken. Hel nou die dag sê hy dat Descartes se idee is gevaarlik. [Insert monopoly man meme here].

Maar dis dit. Aan die anderkant is ek meer en meer bekommerd oor die land. Onlangse polls sit die EFF op 12%. Dit sou alright wees as die ANC nie heeltyd al hoe verder links beweeg nie. Eks dalk dom om bekommerd te wees oor dit als… maar as jy kyk na geskiedenis, veral op die kontinent, en wat aangaan op universiteite (soos ek bo gesê het), en selfs wat in Amerika gebeur… dan lyk dinge nogal sleg. Die idee om eintlik in Kanada of so te bly klink al hoe beter.

Maar ek voel vuil om net van dit te praat. Dan ook gaan my suster in vir ‘n operasie hierdie week. Een wat sy nie hoef te hê nie. Soos why?

Ek dink issues rondom my studies occupy my mind meer en meer, so dis hoekom ek nog van dit wil sê. Wat wou ek sê? O ja dat dit voel asof ek ‘n stunted education het. Nee ek wil iets anders sê, maar wat?

Ek het net soos ‘n uur en ‘n half om te werk maar ek spandeer tyd hier. Dan moet ek ry.

Ek voel ek moet by sê dat dinge nie sleg gaan nie. Dinge is nog redelik happy. Ek het awesome boeke wat ek lees, vriende om te sien. Dis nie asof ek en almal depressed is nie. Dis net gedagtes wat ek aan dink deesdae.