Cuán hermosos son los pies de los que anuncian la paz
Los que llevan buenas nuevas

Los Que Llevan Buenas Nuevas, Santiago Benavides

Vandag half 5 was ek by MM mall. Ek haat daai plek. Ek assosieer dit net met haar. Maar dit het goed gegaan.

Ek het vir Ry- gesien vir die eerste keer sedert Oktober. Eks eers na tien by die huis. Ons het baie gepraat oor familie en politiek en universiteit.

Ek het hom ook vertel hoekom ek nie by hierdie mall wou wees nie. Omdat sy daar is. Soos ons geloop het, het ek van bo af ingeloer. Sy was darem nie daar nie.

Die afgelope maand voel ek baie beter oor haar. Met beter bedoel ek ek sluit elke aspek van haar uit my lewe uit. Ek unlike haar musiek, ek verander haar naam op my foon na ‘n “z” toe sodat sy heel onder op my kontakte is, ek mute haar Whatsapp status updates. Nie omdat ek kwaad is nie, maar omdat ek klaar is met die pyn. So nou is dit die “gewone” dinge wat my depressief maak. Maar oor dit ‘n ander keer.

Al wat ek weet is selfs wanneer ek nie aan haar dink nie, dink ek aan haar.

Ek weet dit sal weggaan.

Sodra daar iemand nuut oppop sal ek vergeet.

Ek gaan haar net op Desember ‘n geseende Kersfees wens. Eks nie seker hoekom nie. ‘n Deel van my wil net wys dat ek nog omgee. ‘n Kleiner deel van my hoop vir iets meer.

Meer. Ek soek nie meer ‘n verhouding nie. Dit sou nie werk nie, ek besef dit nou.

En tog soos ek daar buite die restaurante gesit het met Ry- wat praat, dagdroom ek hoe sy aangeloop kom en my net omhels en my vra of ek nog omgee oor haar…

Ek het nog ‘n kort pad om te gaan tot ek heeltemal oor haar is. Darem ‘n kort een.

Soos ons daar gesit het, het Ry- my ‘n foto gewys van hom in ‘n kar saam met ‘n vriendin en daai meisie. Die een wat ek hierdie blog voor begin het. In die foto lyk sy presies soos ek haar onthou het. Ek het hom gesê ek was verlief op haar. Hyt gesê sy vriendin het hom gesê sy het gedink daai meisie het gehou van hom. Ry- grap nogal dat ons dalk oor haar sou baklei het.

Dit was ‘n klein skok om haar foto te sien, want ek was so erg oor haar en nou is sy niks vir my.

Leave a comment