That anything is possible
When it seems improbable
That’s when He is unstoppable
In His name any grave is robbable
Unthinkable, unreachable
Unbelievable, unsingable
That’s just who He is
It’s too good to be true but it is

Anything is Possible, Judah

Owl city speel terwyl ek hierdie skryf. Koffie onder my. Die stad voor my. Ek voel nie super happy nie, maar ek is mentally kalm.

Ek het vanoggend weer koffie met haar gekry. Ek het gister ‘n gevoel gehad dat sy my wil sien om my af te sê. Ek het gedink of dit gaan gebeur of dit gaan baie goed gaan. Maar dit was net ‘n normale kuier. Ek het gister al besluit dat alhoewel ek daai bietjie dread het, wil ek steeds dit net geniet. En ek wil net he sy moet dit geniet. Selfs toe ek by haar was het ek op een punt net gebid dat die Here dit goed sal maak vir haar.

Ek is eerlikwaar steeds nie seker nie. Ek het bietjie mooier na haar gesig gekyk. Sy is baie mooi. Baie full, hoe beskryf ek dit. Maar kan ons klik? Ek weet steeds nie.

Gym help eintlik mentally. Die mense online is reg. Na die koffie het ek weer daai ‘ek moet uitkom’ gevoel gehad. Tydens die gym though het Judah se liedjie opgekom en dit het my net transform. Ek het haar sommer gevra oor ‘n idee en sy het entoesiasties oor dit geantwoord. So dalk after all…?

Ek het gister twee keer gebid. Of was dit vanoggend? Ek bid so baie ek kan nie eers meer byhou nie. Die een gebed het ek die Here net gese dat ek die verhouding aan hom oorgee. Ek weet nie wat dit beteken om dit aan Hom te gee nie. Ek meen ek moet steeds iets doen. Ek kan nie net niks doen en wag nie. So ek het gevra dat hy die deure sal toe maak wat moet toegaan, en sal oopmaak wat moet oopgaan.

Die ander gebed het ek gevra dat hy of haar hart sal oopmaak of myne sal toemaak. Ek wil met haar connect, maar dit moet van haar afkom ook. Anders moet ek net ophou, maar dis pynvol en ek weet nie of ek dit kan doen sonder om drama te maak nie.

So vanoggend was net ‘n ‘normale’ koffie na daai gebede. Maar ‘n goeie normaal.

Die oefening maak jou gedagtes bietjie beter. Nou dat ek hier sit wil ek weer overanalyze en soortvan iets voorstel, soortvan nie. Maar na daai lied opgekom het, het ek net haar gevra. Die idee is dat of sy wil of sy wil nie. As sy wil, goed. As sy nie wil nie, dan weet ek. Hoekom moet ek so huiwer? Of dis ‘n gebrek aan confidence aan my kant of ‘n fear of rejection of selfs dalk ‘n tipe manipulasie: dat ek haar net wil vra op tye wat ek dink sy ja sal se. En dis nie reg nie.

Eintlik gister het ek gedink aan hoe stupid ek is. Die eerste keer wat ek haar uitgevra het was daar geen conditions nie. Dit was koffie. Net om te kuier. En syt ja gese. So hoekom die ander drie kere moes ek ‘n agenda gee? ‘n Boek, haar boek aan my, stickers. Dis “net ‘n verskoning”. Maar hoekom is dit nodig? Hoekom is ek bang? Of sy wil of nie.

En tog kan ek nie heeltemal oor hierdie ongesonde huiwer ding kom nie. Ek kon meer spesifiek wees oor wanneer om daai idee toe te pas. Ek het net bietjie geskimp oor dit. Hoekom? Want ek is bang sy wil nie (stupid, ek weet). Ek moet met die Here se hulp daai ongesonde gevoelens doodmaak.

Ek het vir Mari- van skool by die gym gesien en met hom gepraat.


Ek en Da- het net voor die koffie dinge oor Whatsapp uitgesort. Eks bly vir dit, hemel dit het my gepla op ‘n unnerving manier.

Leave a comment