Ek praat altyd oor die dinge wat my die meeste pla. Maar ek het nog nooit genoem hoe bitter ongeduldig ek kan wees nie. Teenoor my ma, my suster. Teenoor enige iemand wat hulleself heeltyd herhaal herhaal herhaal.

Iemand se een ding op 5 verskillende maniere. ‘n Ander persoon se daai een ding op 10 verskillende tye, seemingly unaware dat hulle my al 10 keer daai ding vertel het. Dalk haat ek net selfoon oproepe. Want oor die foon kan jy nie iemand interrupt nie.

Maar steeds, ek weet die probleem le by my. Dis ek wat so is. Hulle doen niks verkeerd nie. En ek weet ek haat dit omdat ek myself moet herhaal. Of moes herhaal. Hoe ek toe ek jonk was myself letterlik 5 keer moes herhaal voor iemand verstaan wat ek se. Die frustrasie van dit. Dis die gevoel wat ‘n ou sonder bene het teenoor mense wat weier om te hardloop. Hy is kwaad dat mense nie waardeur wat hulle het nie. Dalk is dit my probleem.

En dan wonder ek, as ek so ongeduldig is teenoor my ma, hoe kan ek geduldig wees vir haar? Hoe lank voor sy my irriteer?

Net die Here kan my help

Leave a comment