I can see that he loves you. The question is, do you love him?

Damon Bradley, Only You (1994)

Hierdie naweek was absolute flippen hel. Soos wow. Soos jo. Eers se sy iets oor ‘n voice note wat koud geklink het. Toe was Comiccon darem nice. Toe is Da- kwaad vir my.

Kwaad vir my! Soos my nagmerrie! Hemel laat hy my so wonder of ek daai aaklige ou van my droom is.

Ek het Ch- se brief opgesoek wat sy my geskryf het op universiteit. Dit het my hoop gegee. Ons het bietjie gepraat oor haar dinge en syt my vertel hoe baie ek vir haar beteken het op universiteit. Ek het haar ook gese dat sy my gehelp het met Tra- daai tyd. Ek het haar ook vertel van haar, maar dit was te laat vir Ch- om te antwoord.

Maar dit het my gehelp om kalmer te wees.

Vanoggend, toevallig (?), is sy in die kar agter my. En waai sy vir my en lyk dit of sy opgewonde is. Ek het amper heeltemal Menlyn toe gery met haar reg agter my. Wat ‘n verassing.

Ek het haar bestudeer in die spieel en steeds kon ek nie uitmaak wat ek voel nie.

Ek weet net ek like jou.

Ta- het ook vir my weer gese sy waardeur my en sy het weer gese dat ek iemand is op wie mens kan staatmaak. Dit help ook. Wat is dit met al hierdie meisies wat so goed is vir my??? Dis so vreemd! Ek wat voel ek kan nie vriendinne he of ‘n verhouding nie, en hier is daar drie (Di- is die ander een) wat van my hou.

Ch- se brief het my laat terugdink aan universiteit en hoe ek was toe. Dat ek nie is wie ek nou voel ek is nie. Die similarities met daai jaar is nogal baie eintlik.

Vanaand het ek weer Only You gekyk. Die een met Marisa Tomei en Robert Downey Jr. Aan die eenkant ontstel dit my. Is ek veronderstel om te weet? Soos Da- se pa geweet het? Soos Ba- geweet het oor Ch-?

Of is dit verkeerd om haar net beter te leer ken? Of om net die kans te vat?

As sy die kans wil vat, natuurlik.

Ek bid heeltyd vir motivation. Vanmiddag na werk wonder ek of wat vanoggend gebeur het veronderstel was om motivation te wees. Dalk is ek net te blind vir dit. Dalk was dit die Here se manier om my aan te spoor?

Ek dink deesdae aan Ouriel in Till We Have Faces. Hoe sy moun oor hoe die gode verwag ons met net hints heeltyd vang. Maar ook dat ons die rede is vir dit. Dat die gode nie vir ons reguit kan se tot ons reg is nie. Net ‘n gedagte.

Ek gaan haar more aand vra of ek vir haar daai goedjies kan gee. Dan hopenlik sal sy ja of nee se. As dit nee is, wel.. Ek weet nie.

Daar is potential man! Daar is dinge wat sy van hou wat ek van hou. Of iets spesifiek soos Nicholas Cage. Of iets meer abstrak, soos classics oor die algemeen of kuns oor die algemeen. Maar jinne selfs die dinge wat sy van hou wat ek nie oor omgee nie, gee ek oor om. By Comiccon was dit asof ek als deur haar oe sien. Al daai sketse, daai spesifieke anime, daai spesifieke Disney flieks wat sy van hou. Daai plek waar sy studeer het wat ‘n uitstalling gehad het. Ek sien heeltyd net al daai raak. Dit het my naar gemaak.

Ek wil nie clingy wees nie. Of net attached wees nie. Watookal ek voel en watookal ek soek, dit moet ‘n gesonde gevoel wees wat haar respekteer. ‘n Gevoel wat bly is om haar te sien. ‘n Gevoel wat, alhoewel dit my ongelukkig mag maak as ek haar nie sien nie, nie daai pyn moet gee van clinginess nie. Ek het nie die regte woord nie.

Ek bid elke aand vir drie goed vir haar en vir my: Wysheid om te weet wat om te dink en te voel en te doen. Insig om te weet wat ek bedoel en wie ek is. En geduld vir haar teenoor my. En dieselfde drie goed vir my teenoor haar.

Ek glo die Here bestaan. Ek doen. Maar hierdie kwessie laat my desperately hoop, wens, dat hy bestaan sodat Hy my kan help. Want ek kan nie deur hierdie keuses beweeg by myself nie.

Leave a comment