Eks Jammer

Eks so geïrriteerd op die oomblik. Ek moet hierdie lesing doen. Dis maar net 20 bladsye. En ek het later vandag weer klas. Maar ek dink hierdie gevoel is nie die stupid lesing nie. Dis daai stupid graduation. Sien hierdie post dan weet jy wat ek van praat.

Daai dag van graduation was ek in so, so ‘n slegte bui. Die dag voor die tyd al. Ek wou nie gaan nie uit bitterheid. Ek wil dit nie admit nie, maar ek dink ook uit spite uit. Hoe stupid van my.

En daai dag, toe ek hoor hoe jy daar is, hoe jy wou hê ek moet daar wees, hoe hy daar is, hel dit het my depressed gemaak vir dae. Hoekom was ek so stupid? Ek gaan nie dat dom onnodige en onverdiende bitterheid ooit weer simpel, mooi logika oorweldig nie.

Ek dink die probleem was nie (stupid) idee dat ek julle nie gaan sien nie, of dat dit net vir ‘n minuut of twee sal wees. Hoekom gaan as ek julle nie gaan sien nie? Of hoekom gaan met die hoop dat ek julle gaan sien, as dit dalk nie so gaan wees nie? My bitterheid het daai punt gemaak: “Hoeveelkeer, J-, het jy gehoop om iets saam met hulle te doen (sonder om hulle te sê) dan stel hulle jou teleur, al was dit eintlik jou skuld? Dis beter om dit te los. Hierdie mense, jou vriende, wat nie eers weet wat vriendskap is nie.”

So om te hoor hoe julle daar is, en hoe julle my mis, en selfs sy wat gewonder het waar ek was. Dit het my laat besef dat dit nie julle is nie wat nie weet wat vriendskap is nie, maar ek. Eks die een wat uit bitterheid dit wou boikot. Eks die een wat my vriende verlaat het, seker die laaste keer wat ek julle saam sou gesien het.

Almal van julle vrae my waar ek was. En ek vertel net ‘n halwe waarheid, wat alles wat ek bo gesê het uitlos. Eks jammer.

Advertisements

Ek kom nie Graduation to nie

So laas jaar het ek my graad klaar gemaak. Hierdie jaar doen ek my honeurs. En nou is die graduation om die draai, en ek gaan nie gaan nie.

Eks nie doodseker hoekom nie, maar ek dink ek weet. Ek is bitter. Ek is bitter met julle. Ek onthou in tweede jaar waar jy neergesien het op my amper naiewe idee om klas toe te kom om julle, my vriende te sien. Jyt nie saamgestem met wat ek gesoek het nie: vriendskap. En ek meen regte regte vriendskap. Nie stupid “klasmatjies” tipe kak nie.

En jy. Nie jy nie, jy. Hoeveelkeer sou ons iets reel en dat gebeur dit nie. Dit het my letterlik mal gemaak. Ek het geen rede gehad om daar naby kampus te bly nie. My een klas was Maandag oggend, die ander een Donderdag. Om Tussen deur daai tyd net in die flat te sit, terwyl ek by my huis, my diere, my familie en regte vriende kan wees… het my mal gemaak. Ek sou steeds vir myself se “Okay, kom ek gaan bly maar die week naby kampus, want ons gaan dit en dat doen”. Maar dan doen ons nie. Of soms het ek ‘n valse sin van lojaliteit gehad: ‘n onderliggende understanding sin. Ek weet jy sal wil hê ek en jy moet daai fliek kyk. So dan as iemand anders my nooi om dit te kyk sal ek sê “Nee, ek gaan dit die week saam met iemand anders kyk” – saam met jou… net om daai week te hoor dat jy dit al gekyk het.

Later was ek gatvol. Ek het gesê te hel met dit en my rug op daai plek gedraai, en besluit om huis te kom en net in te ry.

So eks bitter. Ek wil nie graduation toe kom nie, want die een rede hoekom wil kom – om julle te sien – weet ek gaan net nie gebeur nie. Of tenminste ons gaan mekaar sien vir een oomblik, dan gaan jy saam jou ander vriendinne sit. En ook jy. Dit kan gebeur dat jy gaan gaan, en dat jy dalk gaan verwag dat ek daar gaan wees, en dat jy dalk verwag dat ons twee saam deur die ding kan gaan. Maar de hel met dit. Een van die dinge wat ek hierdie drie jaar geleer het is ek moenie planne maak op wat iemand dalk, miskien gaan doen nie.

Nee. Ek sal Donderdag eerder na my vriend hierso toe gaan, ‘n lekker koppie koffie saam hom drink, en sit en kyk hoe hy Runescape speel.

Dankie, maar nee dankie.

Julle bly my vriende, en glo my ek wil wou regtig close met julle wees. Totsiens.

 

Mense met Fiemies Ruin Als

Een van die dinge in die lewe wat my irriteer is oppervlakkigheid. Nie in ‘n normale sin nie (dit pla  my ook), maar as dit kom by klein dinge.

Wil jy regtig eerder gaan bad as om ‘n maansverduistering te sien? Wil jy regtig rondfok in die kombuis as om hierdie goeie storie te volg? So what as ons laat eet, enjoy hierdie. So what as jy laat gaan bad, hierdie is beeldskoon.

Ek het netnou ‘n storie gelees van ‘n Amerikaner wat op ‘n first date gegaan het met ‘n meisie. Hulle het Guardians of the Galaxy 2 gefliek. En wat doen sy? Sy tik op haar selfoon die heeltyd. Arme ou, hier wil hy sy gunsteling fliek deel met ‘n meisie… en al wat sy doen is om nie om te gee nie – dit moet hom die meeste pla – en deur hom te pla met die foon se liggie.
Toe gaan hy en dagvaar haar vir dit.

Ek meen come on, die fliek verveel jou dalk, maar terwille van hom maak asof jy dit like. Jou gevoelens vir daai ou is mos sterker as jou haat vir ‘n fliek?

Anyway, dis al wat wou sê. Sacrifice jouself ‘n bietjie vir iemand anders en jy sal sien dat jy daai persoon net meer en meer lief sal hê as wat jy selfsugtig is en hom onderbring met jou irritasie.

Dit tel vir jou eie geluk ook as dit kom by net jouself: jy speel dalk DOTA en jy “moet” aanspeel tot die einde, anders gee hulle jou ‘n penalty. My antwoord is… “so what?”. Ek WIL nie NOU aan speel nie. Gee my die penalty, ek mind nie.

Of soos gisteraand was daar een stupid steam game wat ek wou aflaai. Maar eers vanaf 12 uur die aand het ek night data. Ek kan opbly vir nog ‘n uur en dit dan aflaai, maar ek wil nie. So screw dit. Ek gaan nou slaap, de hel met die game.

Sulke mentaliteit maak jou vry van allerhande valse verpligtings. Jy WIL dit speel. Jy HOEF nie. Die oomblik wat dit jou irriteer, gaan uit! Maak jouself vry van hierdie stupid digitale ding voor jou. Of iemand wie ek ken wat hou van hardloop, wat sal moun oor hoe sy die volgende oggend vroeg moet opstaan. Ek het geen simpatie vir dit nie. Jy HOEF nie op te staan nie. Jy WIL. Los dit as jy wil.

In kort: een ding: prioriteite. Sit die ou van wie jy hou bo jou haat vir Marvel flieks. Sit ‘n maansverduistering bo jou roetine. Skuif ‘n bietjie jou planne uit, maak tyd. En vir jou eie issues: maak duidelik wat nodig is en wat nie nodig is nie. Dit wat nie nodig is nie moenie ‘n hou vas op jou hê nie!

Ek het weer van jou gedroom

Jy weet, gewoonlik as ek van jou droom skryf ek daaroor in Spaans. Hoekom? Seker maar omdat dit ‘n meer passievolle taal is. Ek weet nie.

Maar anyway, in elke droom lyk jy anders. Soms is jy ‘n brunette, soms is jy blond, soms lang hare, soms kort. Die keer was jy weer ‘n brunette met bruin oë. Jyt baie gelyk soos iemand wat ek ken. Miskien het ek gedroom van haar en nie van jou nie. Dit kan wees. Ek dink amper iemand het ons gejaag. Ek kan nie meer onthou nie. Maar op ‘n stadium het ek jou gesoen. Dis die eerste keer wat ek jou in my droom soen.

Maar dit was so ongelooflik diep. Ek het myself heeltemal vir ‘n oomblik verloor. Asof ek vir een oomblik in my lewe nie bestaan het nie. Maak dit sin? Ek glo nie. Dit maak nie eers sin vir my nie.

Maar anyway, dis net ‘n droom.

 

Eks nie op jou verlief nie, maar…

Eks nie op jou verlief nie. Dit weet ek. Ek weet ek jok nie vir myself nie. Niemand ken myself beter as ek nie, behalwe die Here homself.

Ek ken jou al vir ‘n tydjie nou. Jys eintlik my eerste regte vriendin. Ek het al ander “vriendinne” gehad, maar suffice to say dit was altyd tydelik. Ek het al twee keer – nee drie keer – op jou ‘n crush gehad… maar na ek so baie keer sterk gevoelens vir ander mense moes afleer, veral daai een keer, het ek geleer hoe om gevoelens in hulle uitbroeiing te stop en te versmoor.

Eks nie op jou verlief nie, maar dan hoekom het ek ‘n paar weke terug gedroom ek soen jou? Hoekom het ek gister aand so ‘n droom gehad van ‘n drukkie wat ek jou gegee het wat so vol liefde was? Hoekom word ek jaloers as ek jou sien in ander mans se fotos? Hoekom hou ek jou soos ‘n valk dop as dit kom by potensiële gevoelens wat jy vir iemand kan hê?

Soos ek sê, ek is nie op jou verlief nie. Ek droom nie van jou – o wag ek doen. Ek dink nie baie aan jou nie – o wag ek doen. Ek mis jou nie. Nie? Ek dink nie so nie. Ek weet nie.

Maar as ek na my hart kyk, dan weet ek ek is nie op jou verlief nie. Ek het nie daai hartsverlange na jou nie. Maar wat is dit dan? Liefde vir ‘n suster? Meh nee. Net vir ‘n vriendin? Miskien? Ek weet nie.

Ek voel as ek in die toekoms dink, sal ek jou net onthou as ‘n goeie vriendin. Ek dink regtig nie dat ek op jou verlief is nie.

Maar dan hoekom het ek hierdie hele post geskryf?

 

Jippie Yay Yay… ek kort hulp

Hier sit ek. Eks amper 21. Ek is besig om Supernatural te kyk. Jy weet daai reeks waar twee broers allerhande weird supernatural goed stop. En ek sien in hierdie reeks wat ek ook in ‘n oulike fliek onlangs gesien het: volwassenheid.

Daai fliek was Loser. Dit het gegaan oor ‘n goeie ou wat verlief geword het op ‘n effense eksentriese en oppervlakkige meisie. Maar sy het darem teen die einde besef hoe veel hy omgee en so. Eks mal oor sulke flieks.

Maar anyway ek dink net bymyself: in die VSA, lyk dit my, het baie mense al ‘n werk op skool deeltyds. Of hulle betaal vir hulle flat terwyl hulle studeer. En hier sit ek besig om na hierdie shit te kyk, besig om deesdae daai haatlike game te speel en te stres oor my toekoms.

Ek meen, ek is op universiteit en ek doen ‘n BA, maar gaan ek ‘n werk he? Eerlikwaar ek KAN een he. Eks net te bang vir dit. Ek weet nie of ek die persoonlikheid en volwassenheid het om in werksplek te wees nie. En dit pla my verskriklik baie.

Dit pla my al sedert ek 20 geword het. Toe ek so oud geword het, het ek besef dat ek nou in my derde dekade is. Dat ek in die volgende vyf jaar klaar gaan studeer, ‘n werk gaan kry en dalk trou! Flippen hel! Dis weird, maar weet jy wat pla my nou al? Al het ek haar nog nie ontmoet nie? My trou dag! My trou speech wat ek moet gee pla my nou al!

En ‘n kind? Of net ‘n man wees vir my vrou? Of net nie trou nie maar darem ‘n werk he? Al hierdie dinge maak my so bang.

Ek het gehoop om miskien volgende jaar honeurs te doen om uit te staan. Of om darem cum laude te graduate. Maar toe merk sy my taak op 68%. Ek het 70 MINIMUM verwag. Ek het gedink aan 80 miskien. Ek KORT 70 vir honeurs. “O alles is goed”, sy die lektor wat dit gemerk het, “bo gemiddelde biografie, goeie struktuur, unieke view”…  “behalwe dat jy net ander mense se opinies gevat het”. BULLSHIT. So as ek my opinie gee, sê jy ek het geen sources om dit te dek nie. Gebruik ek net wat my sources sê, dan sê jy ek gee nie my eie view nie! Either way is ek screwed! De hel met al daai tonne werk! Jy WOU my 70 gee, maar jy sê “Dis hoekom jy nie meer het nie”. En weet jy wat pis my af, o random leser van my blog? Dat ander mense wat in drie dae hulle taak gedoen het (hoe de hel doen jy ‘n 2000 woord derde jaar politiek taak in drie dae?) 70+ gekry het! Hoekom? Want hulle was te haastig om sources te kry so toe suig hulle duim. Nou dink die lekter “Wow, hierdie persoon het ‘n opinie, kom ons gee hom ‘n onderskeiding (al het hy net drie sources). Maar hierdie ou wat 12 sources het en moeite gedoen het, hy pleeg amper plagiaat (want hy gebruik ander bekende slim denkers se punte MET verwysings) en verdien daarom 68. Skroef sy toekoms. Jinne hierdie pla my.

En daai werk was okay. Inteendeel, dit was vrek interessant. My volgende taak en toets gaan gaan oor feminisme en kolonialisme… en die lektor is ‘n vrek subjektiewe feminis. Hoe de hel gaan ek 70 hê? Gaan sy regtig objektief wees as ek sê “marxist feminism is fallacious, the effects of colonialism is overstated (if not overrated) and African socialism is doomed (Western capitalism is the best system)”? Dis my toekoms op die spel! Ek vertrou haar nie! Ons derde jaars is nie guinnea pigs nie! Ons verdien slim professors om ons belangrikste jaar aan te bied, nie jong sopas gegradeerde (radikale) meesters studente nie.

Ek het nog nooit, op universiteit of op skool oor my punte gemoun nie. Ja soms is ek ongelukkig en ek voel die lektor kon bietjie beter wees. Maar overall sou ek elke keer net dink “Wel, jy moes harder gewerk het”. Die keer het ek HARD gewerk; klomp sources gelees, opgesom, mooi toegepas. Jy sê self dat alles great was!

O wag en wat nog?! My abstract is nie flippen in diep genoeg nie! Ek het net gese “This discussion on neo-mercantilism is followed by a critique”, maar jy wil hê ek moet sê WAT die critique is in my abstract ook nog… asof dit nie die werk van die conclusion is om hierdie detail te gee nie. Hoe baie kan JY se in 100 woorde, vroumens?! Net hierdie bogenoemde sin is 9 woorde! ‘n Tiende van my 100 woorde cap vir die abstract! Bleddie hel. Ek was reg om in eerste jaar, toe daar twee lektore was wat die vak aangebied het, uit jou klas uit te beweeg het na die ander een toe. Nonsens!

Anyway, ek gaan nou aankyk op Supernatural. Ek wil sien watse snaakse goed daai twee broers die keer gaan aanvat. Miskien is daar weer ‘n mooi, goeie meisie wat hulle red.

Gedig vir my Vriende

Ek het hierdie geskryf op 28 Maart 2015, die jaar na ek klaar gemaak het met skool. 

 

Hoe vinnig verby is al daai dae
Van koffie, Playstation en Afrikaans.

Ek mis die eksamens – ek mis die koffie
Ek mis die “IT” – ek mis die “geleer”.

Geen meer WipeOut, LBP of Runescape
Nous dit net Tuks,
Baie werk en Inscape.

Geen meer Portal, Uncharted of Ezio
Nous dit net toetse,
My vriend – ek mis jou!

Wat het geword van ons na-toetse kuier?
Ons af-en-toe se skaak,
Ons poker en gaming?

Waar is ons Nesquik?
Die “Blou Tas”,
En die meisies?

Ai, my vriende…

Totsiens

 


 

“Koffie”: Vriend 1 het gereeld oorgekom vir koffie. Die Afrikaanse klas was ‘n pyn en tog altyd so lekker (Hy sou net iets sê van Oscar Pistorius se hofsaak, dan sou die hele klas en die onderwyseres oor dit gesels en sodoende sou ons nie werk nie).

“Ek mis die IT”: Vriend 4 sou gereeld voor ‘n eksamen toets oorkom om te leer… dan eindig ons op besig om Civilization 5 te speel.

“Geen meer wipeout”: Ek en Vriend 1 het hierdie drie games sat gespeel. Nou sit ek by Tuks en in daai jaar het hy by Inscape studeer.

“Geen meer Portal”: Ek en Vriend 2 het hierdie drie games weer sat gespeel.

“Ons af-en-toe se skaak”: Vriend 1 het gereeld oorgekom vir skaak en ligte poker.

“Waar is ons Nesquik?”: Vriend 3 het baie gehou van sy Nesquik. Net hy het geweet van die “blou tas”, wat ‘n codename was vir ‘n meisie wat ek my oë op gehad het (syt ‘n blou tas gedra).

 

 

 

Ek Mis Julle Vreeslik Baie

Jinne dit voel soos gister. Op skool, veral Graad 11 en 12, was ons klomp seuns regtig iets gewees.

Sopas het ek ‘n klomp ou fotos op my external ontdek. Toe sien ek weer hoe ek fotos tydens skool geneem het van julle. Hiers Louis met sy one-of-a-kind look. Daars Juan, die Gentle Giant. Hierso is Divan met sy weird sin vir humor. En Waldo, jou goeie hart met jou lewendige smile. Dan nog Richard en Alex, julle twee stoute slim bliksems met wie ek so lekker oor tegnologie gesels het. Jy ook, Llewyllen, jy was cool. Dan natuurlik Almero, jou weird, effens uitgeworpe maar half misverstaande ou. Dan al daai varke, ek mis julle ook. Dan natuurlik Rudolph. In my minds eye sien ek ook vir julle, Jacques en Jason.

DSC_1634.JPG

Flippen hel ek mis julle nou! Dis al meer as twee jaar later, maar hoe meer ek aan julle dink hoe meer mis hierdie hart van my vir julle.

Die Wysde Ding in ‘n Lang Tyd

My kop is so vol gedagtes. Ek dink nie lank en diep aan ‘n ding nie, net vinnig en dan hou ek op. Ek kan nie meer so diep dink nie. Maar die gedagtes wat opkom verwar my.

Ek voel soms of niks enige waarde, enige mening het nie. Ek bedoel dit nie in een of ander existensiële, ateistiese manier nie. Nee. Dis nie so pateties nie.

Jy sien, daars net twee dinge wat saak maak (miskien drie). Die een is God homself. Die ander ding is sy wil. So as dit sy wil is dat ek moet studeer, dan maak die studies saak. Dan het die studies mening. As dit nie sy wil is nie, dan maak dit glad nie sin om dit te doen nie, want daars geen mening daaraan nie. Dis sinneloos. Die moontlike derde ding pas in hierso. Al hoe iets mening kan hê “buite” God (indien moontlik), is as dit ‘n impak maak wat vir ewig gevoel word. Net Hy is oneindig en net van sy skepping is oneindig, so hierdie derde punt pas wel in by die eerste punt.

So ek sal wonder of ek ‘n bietjie my tale moet opdoen, of ‘n bietjie C# moet leer of ‘n bietjie geskiedenis lees of watookal. Maar dit voel so sinneloos. Daar mag dalk mening aan dit wees. Ek wens net ek weet of dit Sy wil is dat ek hierdie goed doen, anders wats die punt? Dat ek nie weet wat om te doen nie maak nie net al hierdie goed op die oomblik meningloos nie, maar dit maak my ook verskriklik verveeld.

Om op te hou dink aan die goed, sal ek iets doen met nog minder mening. Soos ek sal ‘n bietjie CS Go speel met my eie musiek net om my gedagtes te stop.

En sopas het ek die wysde ding in ‘n lang tyd besef: ek is regtig deurmekaar.

Eks so Pateties

Gewoonlik as ek so laat op is soos nou (half een), of net voor ek gaan slaap, droom ek van hoe die liefde van my lewe gaan wees. Ek het ‘n paar dae terug van haar gedroom, weet jy. Jinne was sy beeldskoon! Hel! Ek onthou in my droom het ek twee gedagtes gehad: Of dit is sy, of sy gaan net so verdom mooi wees! Maar toe word ek wakker en vergeet hoe sy lyk, anders as dat sy kort hare het (wat vreemd is, want normaal weg dink ek aan iemand met lang hare). Ek onthou net dat sy ongelooflik was.

En dan nou en dan sien ek fotos op Facebook van mense wat trou. En ek vra myself, “Is ek man genoeg vir so iets?”. Of ek dink aan hoe ek so pateties is deur nog te swot en afhanklik te wees van my ma en pa. Hoe ek nie ‘n actual lewe het nie. Wat maak ek nou? Die eksamen is verby en wat ek doen is lees apologetics boeke of classical boeke, leer so bietjie C# code, kuier en speel soms in die aande ‘n bietjie CS Go. Is dit nie pateties nie? Eks 20 jaar oud. Kan ek nie ‘n werk kry nie? Ek kan. Maar ek is so bang. My onduidelikheid in my spraak maak dit vir my (sielkundig) so ongelooflik moeilik om ‘n simpel oproep na iemand onbekend te maak. Wat nog van werk met kliënte?

En weet jy wat maak dit nog maller? Dat ek tenspyte hiervan nie net politiek studeer wat amper verseker tot ‘n “mens” interaksie tipe werk gaan lei nie, maar dat ek ook tale tussen in vat. Soos Spaans en Zulu. Dat ek dit kan doen verbaas my. Ek kan nie glo dat ek laas jaar TIEN KEER Spaanse speeches kon doen nie. Maar dis van die punt af.

Of ek kyk ‘n fliek van iets so simpel soos ‘n tandarts wat gebel word. Kan ek selfs ‘n tandarts afspraak reel? Sal ek – as ek manage om te trou – vir my familie kan baklei, beide in argumente en gevegte? Eerlikwaar, ek glo nie.

Hoe dan nog kinders hê en hulle oplei? Hoe de hel gaan dit gebeur? Gaan ek ooit eers ‘n werk hê in my rigting?

Ek sal dagdroom aan haar wie ek nog nie ontmoet het nie, maar so af en toe besef ek dat sou dit regtig gebeur dat ek haar ontmoet, hoe sal ek so iets kan hanteer? Ek voel ek is interessant in sommige aspekte en fun in ‘n sekere aspek, maar ek weet ek is boring om enige meisie/vrou. Ek meen saam met my beste pelle is ek byna heeltemal myself, maar om ‘n meisie is ek glad nie spelerig nie, maar baie erenstig. Erenstig omdat ek omgee en wil luister. Maar sekerlik moet daar tog bleddie lewe wees? Ek kyk romantiese flieks (ek hou baie van romanse) en, natuurlik, is daar altyd vreugde tussen daai geliefdes. Dan dink ek net by myself dat sy regtig fantasties moet wees. Net so ‘n fantastiese persoon kan my heeltemal ontspanne maak. Maar so ‘n persoon is ‘n droom. Ek haat dit om mense teleur te stel.

Af en toe hoor ek van hoe Christinne vermoor word, beide nou en in die verlede. Ek wens dit nie oor myself nie, maar af en toe dink ek dat dit eintlik so ‘n eer sal wees om te sterf vir die liefde wat ek het vir my Redder. Ek sal daarvan hou. Maar ek kan nie eers ‘n koue stort vat nie. Hoe braaf…

Ek het ‘n ou siel, die hart (en die krag) van ‘n kind en die kop van ‘n rasionalis. Dis regtig nie maklik nie.