Die titel allude na ‘n idee, maar ek kan dit nie nou weggee nie. Ek wil hê net Di- moet ‘n getuienis wees van dit. Goeie mens.

Ek het vir Wa- en sy meisie vandag gesien. Die eerste keer wat ek hom ‘alleen’ sien in hoe lank, alhoewel sy die keer by was. Sy is goed vir hom en hulle is duidelik baie gelukkig saam. Ek is bly vir hulle. Dit laat my glimlag net om te sien hoe hulle mekaar so gelukkig maak.

Sy het vertel dat haar ma haar aangespoor het na ‘n slegte verhouding om ‘n lys te maak van die tipe ou wat sy wil hê. Moenie drink nie, rondslaap nie, tattoos hê nie, en ‘n Christen wees. Sy het iemand gesoek met dieselfde waardes.

Waardes…

Later het hulle my gevra oor Ale-. Sy het gesê dis nie ‘n algemene naam nie. Sys reg, dit is so uniek.

Ek het vertel van hoe ek al die moeite doen en so.

Sy het nes Chr- gesê (in ‘n ander konteks) dat mans die jagters is.

Ek wens ek kon ook met haar ten pin bowling speel en laser tag. Iets om haar te laat sweet. Iets aktief. Maar nou ja.

Ek het vandag weer gebid oor haar. Ek bid die heeltyd oor haar. Vir maande nou al is dit net sy wat ek oor bid. Elke keer. Eks regtig al bang die Here word geïrriteerd met my konstante gemounery oor haar. Dat Hy wil hê ek moet net bykom en gelukkig wees. Ek hoop nie Hy mind nie.

Op die oomblik is ek heel rustig. Nie depressief nie. Net ‘n touch melancholic. Maar meer verveeld. Vir eens is ek ‘n Saterdagaand by die woonstel. ‘n Mooi view. Bietjie laat. Dis bewolk. Ek het tee voor my soos ek tik.

Ek weet ek kan jou lief hê, as jy my net sal toe laat.

Leave a comment