Ek het hierdie idee om ‘n reeks te begin oor die parallel tussen verhoudings met mense, en verhoudings met God. Soos liefde verhoudings.

Daar is soos twee dinge wat by my opgekom het in my soeking na ‘n verhouding met iemand spesiaal. Kom ek begin by die tweede een.

Haar werk is so dat sy lang ure werk. Eers die einde van die week weet sy watse dae sy die volgende week afhet, en of sy tot 6 uur of 8 uur gaan werk. Dis moeilik. En as sy afvat word sy nie betaal nie.

So om haar uit te vra is heeltyd vir my moeilik. Sy het al ja gesê. Maar die tye wat sy nee se want sy werk, is dit regtig omdat sy werk of omdat sy haar werk as ‘n verskoning vat? Ek dink by myself, ek wil net weet of sy wil. As sy wil, maar sy kan nie, is ek gelukkig. Maar as dit ‘n verskoning is wens ek net ek weet.

Met daai gedagte besef ek dieselfde apply seker vir die Here. Daar is mense, dalk jy, wat regtig die Here wil dien. Jy wil kerk toe, jy wil Bybel lees, jy wil al daai goed doen, maar jy is regtig net besig met kinders en die en dat. Ja jy kan altyd tyd maak, maar ek dink of ek hoop die Here sien jou dieselfde manier: solank jy wil. Dis wat saakmaak vir Hom.

Conversely, natuurlik, om jou werk en kinders as ‘n verskoning te gebruik is om net vir jouself te jok. Want unlike ‘ek’n verhouding met ‘n meisie, weet Hy wat jou intensies is.

Dit was die tweede ding. Die eerste ding wat my pla is hoe verdom moeilik dit is om by haar hart uit te kom. Ek ken haar nog nie goed nie. Ek weet. Ek overanalyze elke boodskap van haar. Die tipe woorde wat sy se maak my of so gelukkig of so depressief. Ek weet dis ongesond so ek probeer helder dink oor dit.

Maar soos ek wonder soms of ek moet aanhou of nie. Ek dink aan wat ek van haar hou en wat nie. Ek gee haar geskenke nie sodat sy van my moet hou nie (ek kan haar nie omkoop nie), maar omdat ek klaar van haar hou. Ek wil net. Ek reik uit na haar, ek vra haar oor haar lewe en ek luister en leer van haar.

Maar dieselfde tyd wens so hard dat sy net my sal vertrou, dat sy net vir my wil leer ken. Ek meen dis nie “nodig” dat sy vir my moet omgee nie, maar as sy doen weet ek ek kan haar meer lief he. Maar op die oomblik weet ek nie wat sy dink nie. Dis asof ek agter ‘n glas muur vir haar roep en sy kyk nie. Soms doen sy, maar wanneer sy weggaan is dit asof daai muur weer op is. Dis moeilik om te verduidelik.

Maar eens weer wonder ek of die Here dieselfde voel. Hy reik uit na ons toe, Hy klop aan die deur, Hy sterf vir ons, hy gebruik beide pyn en blydskap om ons te roep, Hy gee vir ons geskenke. Maar ons vat Hom nie erenstig nie. Ons verwag heeltyd Hy moet aanhou en aanhou en aanhou uitryk na ons toe. Dit moet seer wees. Dit wys sy geduld en sy aanhoudende liefde.

Ek add hierdie so paar ure later:

Wat wel verskil is natuurlik God se alwetenheid. Ek weet nie wat sy dink nie. Wat sy voel nie. Wat sy gaan doen nie. Wat sy wil doen nie. Ek weet nie eers wat ek voel nie en wat ek moet doen nie. Ek is bang ek voel niks.

Maar Hy weet wat ons voel. Is daar nie dan ‘n disconnect tussen Hom en ons nie? Hy weet hoe ons voel oor ander wat nie voel nie, maar het Hy ooit hierdie gevoel self aanvaar? Het Jesus ooit gewonder wat ander mense van hom dink? Hy kon hulle gedagtes lees, so hoe kon hy? Het hy dan nooit ervaar wat ek ervaar nie?

Leave a comment