In Engels sal hierdie post meer “views” hê, maar wat gee ek om? Net in Afrikaans kan ek my hart se taal praat. Dis moeilik om die dinge te begin, so ek begin met Plato. Of te wel Socrates. Ek lees dit deesdae en een ding wat hy gesê het, het heeltyd by my opgekom hierdie naweek. Hyt gesê dat dit wat goed is, is altyd mooi. En dit wat mooi is, is goed.

Wat goed is, is altyd mooi…

Long story short, ek het oorgeslaap by ‘n vriend. By Da-. Die idee was dat ek soontoe gaan, en dan die volgende dag kom al sy vriende en vriendinne oor sodat ons saam iets kon gaan doen. Ek gaan nie sê wat nie, want as ek doen sal dit te obvious wees indien een van hierdie goeie mense hierdie lees. Nie so maklik nie! Maar ek kan sê dis iets baie aktief, baie fisies, baie lank, en vreeslik lekker.

Ek, ‘n ander ou wat ook oorgeslaap het, en Da- het reg gemaak om te gaan. Kort voor ons weg was (miskien die aand voor die tyd) het ek gehoor van iemand wat ook wou saam kom maar nie kon nie. En Da- en sy ma het daaroor gepraat en besluit dat hulle sal betaal. Ek het nie geweet wie nie, maar dit was interessant.

So, toe gaan ons drie en ontmoet die ander mense by daai plek. Daai onbekende mensie was ook daar.

En sy is ‘n absolute engel. Maar op daai stadium was dit nog onduidelik. Ek het net geweet toe ek haar ontmoet het, dat sy mooi is. En nie op die manier wat ek normaalweg aan dit dink nie. Haar gesig was so mooi. En hoe vinnig het ek van haar begin leer!

Sy was so vriendelik. Met almal. Ek het Da- gevra oor haar toe sy ‘n oomblik weg was, en hy sê sy is so nederig en so goed en sy help mense by ‘n hospitaal. Met terapie of so iets. En so word haar mooiheid net duideliker.

Ek onthou jare terug, op skool nog, het ek aan iets gedink. Ek het lank terug aan dit gedink. Ek het mense vergelyk met gloeilampe. Soos die glas daarvan. As jy in party meubelwinkels loop, sien jy allerhande mooi glasvorms vir ligte. Soos chandeliers wat daar hang. Of ‘n mooi interessante vierkantige tiepe glas. Of net ‘n plain een. Ek het gedink dat almal so iets is. Party mense se “glas” is baie mooi. Maar wat help dit as die lig af is? Wat is mooier: ‘n plain glas met ‘n lig wat helder skyn? Of ‘n kreatiewe glas wat al die lig blok? Meeste meisies op skool het ek gesien as die tweede tipe: fisies “mooi” maar as gevolg van hulle persoonlikhede is hulle letterlik en figuurlik “dof” en dus glad nie interessant of eintlik eers regtig mooi nie. Maar ek digress.

Hierdie meisie by hierdie plek was nie ‘n normale “glas” nie. Ek weet nie. Maar van die begin af was daai lig duidelik. En dit het my aangetrek. Veral na ek gehoor het wat Da- van haar gesê het.

Na die tyd was almal by sy huis. Ek gaan ook eerder nie in detail hier nie. Maar dit was baie fun. En ek kon met haar ‘n klein bietjie praat ook, saam met Da-. En als klink net mooier. En op een stadium toe sy weg is het ek meer gevra oor haar. Toe sê Da- dat sy van ‘n spesifieke agtergrond kom. Ek sê nie meer nie uit respek uit vir haar. Maar dit het my net meer geinteresseer. En dis toe wat ek eers aan Plato gedink het waar hy sê dat goodness altyd beautiful is.

Dis seker obvious vir die leser, maar ek het dit self toe al geweet: ek het besef ek is, wel, smitten? Miskien is daai woord te sterk. Ek weet nie. Maar watookal dit was, dit was nie fisies nie. Ook nie seksueel nie (ek voel vuil om net daai woord te gebruik in hierdie opstel oor haar). Ek wou haar nie eers soen nie. Ek wou haar net ‘n drukkie gee.

Op een stadium wou ek met haar en die vriend wat oorgeslaap het praat. Ek het sopas kos met sulke sterk sous ingeskep en geproe. En net toe ek iets wou sê was my stem weg. Letterlik weg. Dit het nog nooit ooit met my gebeur nie, en dit gebeur hier waar ek met haar wil praat. Dit het hulle ‘n tydjie gevat om te besef ek kort water.

… ‘n Kort tydjie later

In die aand het sy en al die ander mense, almal behalwe die ou wat saam oorgeslaap het, weggegaan. Net voor die tyd sê sy nogal vir hierdie ou dat hulle ‘n koppie koffie moet gaan kry. Eina. Daai jaloesie van my is nie goed nie. Ek het haar ook gegroet en sy het my sterkte toegewens vir ‘n probleem van my.

Daai aand, alleen in die kamer (ek het weer oorgeslaap), was ek absoluut oorweldig. Nie net deur haar nie. Deur almal. Elke liewe een daar is sulke goeie mens. En hulle is so pure. So rein. En ek sien weer hoe absoluut vuil ek is. Hoe my lewe hier anderkant, met my ander vriende, nie naby kom aan hulle nie. En ek bid daaroor. En ek confess ander dinge wat my lankal al pla. En ek vra ook dat Sy wil met haar sal geskied.

Ek dink die volgende oggend het my vrae oor haar Da- laat wonder. Ek sê nogal vir hom dat hy my moet sê as sy (ek noem nogal haar naam) en die ander weer daar is. Net voor ek gaan sê hy, ook effens kripties (het hy dit bedoel of nie?) dat hy hulle nommers vir my sal gee, hare ook. Hy noem haar spesifiek. Mmm…

Maar vandag voel dit als soos ‘n droom. En sy het my gekontak oor iets wat ek haar gevra het om my oor te laat weet. Ek voel sleg daaroor. Ek het dit half gevra net sodat ek ‘n rede kon hê om met haar te praat. En sy gee nogal ‘n bietjie advies oor ‘n issue van my toe sy reply het.

Ek het myself heeltyd gevra: hoe voel ek? Is ek verlief? Ek glo nie. Maar ek dink heeltyd aan haar. En op die oomblik soos ek hierdie skryf voel ek op ‘n manier. Dalk more oggend verander dit. Dalk volgende week is dit nie dieselfde nie. Maar op die oomblik voel ek content. Of iets gebeur en of ek haar nooit weer sien nie, is ek net bly ek het haar ontmoet…

en tog hoop ek ek sien haar weer. 

Toe sy daai ou sê hulle moet koffie kry het ek gedink aan ‘n gedig. En dit som op hoe ek voel. Dat of ek invisible is vir haar of nie. Of ek haar weer sien of nie. Dis alright. Solank haar goedheid nooit geraak is nie. Solank wie ookal haar hart wen weet hoe goed sy is en hoe min hy haar verdien:

The Unpardonable Sin – G. K. Chesterton

I do not cry, beloved, neither curse.
Silence and strength, these two at least are good.
He gave me sun and stars and aught He could,
But not a woman’s love; for that is hers.

He sealed her heart from sage and questioner —
Yea, with seven seals, as he has sealed the grave.
And if she give it to a drunken slave,
The Day of Judgment shall not challenge her.

Only this much: if one, deserving well,
Touching your thin young hands and making suit,
Feel not himself a crawling thing, a brute,
Buried and bricked in a forgotten hell;

Prophet and poet be he over sod,
Prince among angels in the highest place,
God help me, I will smite him on the face,
Before the glory of the face of God.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s