Ek het sopas die vorige update gelees. Nuwe worries en ou dinge.

Die Bybel het gekom en ek hou baie van dit. Ek is al by Psalms! As ek so aanhou is ek voor die einde van die jaar klaar met die hele Bybel!

Ek het vir Ry- gesien. Ons was by die Unie gebou en dit was nogal great!

Ek het nog nie vir Nadia gesien nie…

En La- sê ons moet werk on ons kalendar vir ons ma.

Ek het die maand op ‘n tyd baie gestres oor werk kry. Dit kom en gaan. Sommige dae stres ek erg, party dae soos vandag glad nie.

Maar daai siekte pla my. Ek was ‘n paar weke terug by die dokter en dit het gehelp. Maar ek dink amper dit begin weer erger word… Shit. Brand my keel bietjie? Of imagine ek dit? Was daai medisyne (wat ek nie mos ophou vat nie) altyd so bitter? Of is dit net oud? Of is my keel slegter? Paranoia.

Maar goeie nuus! Ek het die geld al gemaak! So daai stres is van my af. Net met God se hulp.

Ek wil eintlik Jerry McGuire kyk. Ek gaan dit op Google “huur” en more oggend aflaai sommer.

Wat nog? Ek het ‘n hele paar nuwe apologetics boeke.

Ek glo nie ek het dit al genoem nie. Ouma hulle trek Pretoria toe. En my ma begin liggies al plek soek. Sy praat nogal van as ek kan help huur betaal. Soos… wat as ek nie werk het nie? Ek het darem Brandseye. Erger, wat as ek ‘n unpaid internship doen? Ek het my oë op so ‘n UN intern ding, maar dit lyk nie lekker nie. Maar darem doen ek ITSI volgende jaar. En wat as ek net nie saam haar bly nie? Anyway…

Ek het uiteindelik The Republic klaar gelees. En sommer Ion ook net na dit. Ek sukkel net met daai pyn van Nausea. Vrek is dit boring. Dan is dit That Hideous Strength, Lovecraft (ek lees nou Dream quest of Unknown Kadath nou en dan), die res van Plato, daai ses apologetics boeke, en hopenlik ook Chekhov. Ons wil een van sy boeke volgende jaar bespreek. En van volgende maand lees ons weer Demons.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s