Dis tien voor tien en ek wil eintlik slaap. So baie dinge het gebeur die afgelope maand.

Eerste ding: ek het to enie apply vir Chile nie. Dis ‘n kombinasie van vrees, admin, en werk.

Ek het my meesters dissertation ingehandig! Dit was ‘n great oomblik. Ek weet nie of ek self glo wat ek gesê het nie, maar ek dink dis darem decent. En Maandag het ek daai stupid eksamen portfolio klaar gemaak.

So ek is…

Klaar…

Baie antiklimaktiese einde aan vyf jaar se studies! Ek het dit nog nie eers gevier nie!

Deesdae is die huis baie onveilig. Een dag se my ma sy dink die grawe is gesteel. Dit het my bekommer. Maar ‘n paar weke later het sy gewonder of sy ‘n fout maak. Okay.

Toe ‘n paar dae later sit ek buite by die kar. Net om weg te kom van almal af. En hier kom ‘n ou aangeloop in die YARD. Ek was geskok. Die details is nie die issue hier nie. Maar ek was regtig geskok. Dit was soos ‘n klein paniek… nie ‘n aanval nie, maar definitief nie goed nie.

‘n Dag of twee later breek hulle in by die buitekamer en steel my fiets. Eks nie gepla oor die fiets nie. Ek het amper ‘n panic attack gehad. Ek was heeltemal bewus daarvan. Ek was nie reg nie. Louis was by die huis maar hy het my nie geantwoord nie. Ek het hom nodig gehad. Toe gaan ek maar Musica toe. Ek het goeie musiek daar ontdek so dit gehelp.

‘n Paar dae later (Maandag?) was ek weer agter, en ek sien toevallig een ou wat wou oorklim. Flip pla dit my weer.

O ouma-hulle trek Pretoria toe.

En die geld! My ma skuld tegnies geld aan Tuks, maar in haar hoe moet my pa halfde betaal. Maar as hy doen het hy 3/4 betaal. So dis nie reg nie. Aan die anderkant wil ek my ma help. So ek gaan die ander halfde (dis eintlik halfde van ‘n halfde, of halfde van ‘n derde) gaan ek self betaal. Die geld wat my ouma hulle vir my bele het, plus of my eie sakgeld of die savings geld. Ek werk nou hard elke oggend op die site om geld te maak.

So ek sal sien hoe dit gaan.

Verder Da- verjaar more. Ek sien hom Vrydag. Ek moet regtig ook vir Na- sien. Vir ‘n slag weer.

En Ry-… Aai!

En my suster. Mmm.

Maar ‘n audio version van die Bybel is oppad. Ek is nogal opgewonde vir dit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s