Ek het vergeet om hierdie ‘n bietjie vroeer te skryf. Vir die afgelope paar weke het ek basies alleen gebly terwyl my ma oorsee was. Nie dat ek eintlik so baie tyd vir myself gehad het nie. My ouma-hulle en die en dat het aleweig al die tyd geeet. Maar dit was wel net kal en rustig. Soos asof my gedagtes net kon aangaan sonder interruptions.

Maar syt vandag terug gekom.

Eergister was ek by die ambassade van Chile. Wat ‘n wonderlike experience! Die spaans en die Chileans en alles. Dit was so goed. En ons het na die tyd lekker met hulle gesels. Of hulle het, en ek het net lekker geluister.

Hulle het ons ook vertel vvan ‘n full scholarship in chile. Dit het onmiddelik my imagination op ‘n hol gesit. Dit klink na ‘n goeie moontlikheid, maar jinne die doubts en so. Soos as jou punte te laag is daar anderkant betaal jy hulle terug. Die hele application ding maak dit ook moeilik. Paspoort, recommendation, die en dat en als in ‘n maand.

En wat hou my terug? As ek daai vraag vra sien ek vir twee van my vriende. Ek weet hulle kort my. En my ouma-hulle. En my diere. Eks bang as ek oor ‘n jaar terug kom is altwee my diertjies dood en my ouma-hulle oud.

Eks ook bang vir die eensaamheid daar. En die tipe stres om self als uit te vind. En die een ding wat ek nie lus sal wees om te doen nie is die actual studie.

Maar aan die anderkant… Chile! Die musiek en mense en die experience. Spaans en om net daar te wees en die plek te beleef. Vriende te maak, te travel dalk, see toe te gaan… miskien iemand ontmoet.

Is ek capable van dit? Sulke “gewone” dinge maak my so bang. Ek weet nie wat om te doen as ek by ‘n lughawe aankom nie. Wat ek moet maak nie. Waar ek sal moet uitkom nie. Maar chile.

En die afgelope weke of maande is daar ander dinge wat my pla. Ek het twee aaklige drome gehad terwyl my ma weg was, een die week na die ander. Die een was oor ‘n spraakterapeut wat my kom sien het by my huis. Hyt my worst fear confirm dat ek agteruit gaan en onduideliker is as ooit.

Ek het wakker geword met ‘n panick attack. Ekt net gelê en gesê “Jesus, hou my vas”. Ek sê nooit iets soos dit nie. Hierdie droom het my laat besef dat hierdie worry van my is eintlik baie dieper as wat ek gedink het. En dit tie in met my ander twee worries oor my ore, en dit weer met my worry oor ‘n operasie wat ek al moes gehad het maar ek weet nie wat gaan gebeur nie. En ek weet dit kan help…

O en die klasgelde is overdue.

‘n Paar dae of ‘n week later het ek ‘n ander droom gehad. Maar dit kort konteks. Een van my vriende wat dink hys gay of bisexual. Flip. En hy luister nie. Don’t get me wrong, want hy misverstaan my. Ek sukkel so hard om hom te laat verstaan wat ek bedoel. Hyt een ding uiteindelik verstaan: dat ek suffer oor dit want ek weet hy suffer oor dit. Dit pla my want dit pla hom.

Maar terselftetyd as ‘n Christen voel ek hy mis heeltyd die punt wat ek wil maak. Dat as hy glo moet hy verstaan daars ‘n verskil tussen desires en aksie. En dus, wat my ook pla is nie dat hy dalk in ‘n gay verhouding sal wees nie per se. Wat my pla is wat, vir my, lyk na ‘n gevaarlike pad. Dat hy nooit regtig gelukkig sal wees nie. Dat die issues met sy familie en so net erg sal wees. Dis asof hy by ‘n cliff afry en hy kan my nie hoor skree nie. Maar dit help nie ek se dit nie want die leser sal ook misverstaan wat ek bedoel.

So my twede droom was weer stupid, maar op een punt het ek gedroom hoe my vriend ‘n ander ou soen. Passionately. Dit het my ook begin pla.

En die ander ding is weer my ander vriend. Hys nogal ‘n committed Christen. Ek het amper hom gevra of hy met my vriend wat sukkel sal praat. Maar toe het hierdie vriend sy eie krisis begin ontwikkel. Hy wonder oor suffering en so. Soos flip! Is ek alleen? Het ek niemand om meer te praat oor my dinge nie? Die Here luister, maar hy weet ek kort iemand.

Ek het begin dink hierdie Christen vriend is bietjie beter. Maar net nou sien ek hou hy “fuck” skryf op ‘n Facebook comment oor ‘n kompetisie. Dis so nie hy nie.

Half van die punt af: al hierdie dinge het my laat begin wonder hoe sterk my eie kop en sanity is. Dat ek op die verge van ‘n nervous breakdown dalk is. Ek glo nie. Maar soms wonder ek net.

Dis nie asof ek net stres heeltyd nie. Dis net dat al hierdie dinge is sulke underlying areas van stres wat my nie pla en laat bewe nie, maar wat op my gedagtes is.

Maar ek wil op ‘n mooi noot eindig. Elke keer wat ek dink aan hierdie issues imagine ek hoe iemand my vra: “Is jy gelukkig of nie?”. En eerlikwaar, my antwoord is altyd “ja”. “It is well with my soul”. Ek is gelukkig in my heart of hearts. Maar hierdie wêreld maak my moeg.

One thought on “Baie dinge

  1. Psalms 119:66-73
    Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie. Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. U is goed en doen goed; leer my u insettinge. Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele. Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet. Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer. Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s