Eks nie op jou verlief nie. Dit weet ek. Ek weet ek jok nie vir myself nie. Niemand ken myself beter as ek nie, behalwe die Here homself.

Ek ken jou al vir ‘n tydjie nou. Jys eintlik my eerste regte vriendin. Ek het al ander “vriendinne” gehad, maar suffice to say dit was altyd tydelik. Ek het al twee keer – nee drie keer – op jou ‘n crush gehad… maar na ek so baie keer sterk gevoelens vir ander mense moes afleer, veral daai een keer, het ek geleer hoe om gevoelens in hulle uitbroeiing te stop en te versmoor.

Eks nie op jou verlief nie, maar dan hoekom het ek ‘n paar weke terug gedroom ek soen jou? Hoekom het ek gister aand so ‘n droom gehad van ‘n drukkie wat ek jou gegee het wat so vol liefde was? Hoekom word ek jaloers as ek jou sien in ander mans se fotos? Hoekom hou ek jou soos ‘n valk dop as dit kom by potensiële gevoelens wat jy vir iemand kan hê?

Soos ek sê, ek is nie op jou verlief nie. Ek droom nie van jou – o wag ek doen. Ek dink nie baie aan jou nie – o wag ek doen. Ek mis jou nie. Nie? Ek dink nie so nie. Ek weet nie.

Maar as ek na my hart kyk, dan weet ek ek is nie op jou verlief nie. Ek het nie daai hartsverlange na jou nie. Maar wat is dit dan? Liefde vir ‘n suster? Meh nee. Net vir ‘n vriendin? Miskien? Ek weet nie.

Ek voel as ek in die toekoms dink, sal ek jou net onthou as ‘n goeie vriendin. Ek dink regtig nie dat ek op jou verlief is nie.

Maar dan hoekom het ek hierdie hele post geskryf?

 

2 thoughts on “Eks nie op jou verlief nie, maar…

Leave a comment