Waar de hel is jy? Wat de hel doen jy? Hoe de hel lyk jy? Hoe de hel is jy? Wanneer kom jy? Ek sit hier en wag vir jou, man. Ek wag vir jou, ek dink aan jou, ek droom van jou, ek bid vir jou.

Maar jinne jy vat jou tyd! Hou jy daarvan om my in angs te laat sit? Dis nie baie mooi nie, jy weet. Glad nie mooi nie. Asseblief moenie my vir ewig laat wag nie.

Hou jy daarvan om jou gesig te verskuil? Eenkeer is jy blond, ‘n ander keer ‘n brunette en ‘n ander keer het jy rooi hare. Soms het jy sproete, soms is jy erenstig, soms lag jy. Sal ek jou kan maak lag?

Hou jy daarvan om nooit vir my ‘n enkele woord te sê nie? Of te wel jy het eenker darem iets gesê: jyt gesê dis “oulik” om my ver te laat ry na ‘n plek toe net sodat jy my kon kom optel. Slegte maniere, meisiekind! Glad nie mooi nie!

Aai man, maak gou.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s