‘n Nuwe jaar. ‘n Nuwe begin. Of hoe?

As jy van my ouer posts gelees het sal jy hierdie weet: eerste jaar was hel. Ek was eensaam op meer as een manier en ek het gebly saam met onbekende mense, en my kamer was klein. Laas jaar was great. Ek het gebly saam met my beste vriend. Ek wil hom nie weer afkraak nie, so ek sal nie sê hoekom ek nou hier opgeeindig het nie: In plaas van saam met hom bly, bly ek nou saam met ‘n onbekende ou.

Jinne hoe mis ek die huis nou! Ek het so min vakke, hoekom is ek hier? Dit sou goedkoper gewees het om in te ry. Maar ek het nie geweet ek gaan ‘n kar hê kry nie, so nou is ek hier. My beste vriende is by die huis in Boksburg. En ek sit hier. Daai vreeslike, vreesaanjaende eensaamheid van eerste jaar voel ek nou, net net.

Maar nee. Ek is nie dieselfde ou as toe nie. Dis net ek en hierdie nuwe ou, elk met sy eie badkamer. Hy lyk nice. Ek het kontak met my goeie vriende en ek gaan gereeld saam met hulle online speel. En ek het volgende die kar, so ek kan uitkom. En ek het Vrydae af wat ek tuis kan wees. Nee. Dis nie dieselfde nie.

Een ding wat ek nie weer wil hê nie is daai gevoel van eerste jaar: eensaam, klein plek, vasgevang, verlief maar geignoreer, gelos deur my vriende… Nee. Hierdie jaar is nie soos daai jaar nie.

Met God se hulp sal hierdie selfs nog beter as laasjaar wees!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s