“Ek mis jou”

Ja right. Hou op jok. Of te wel, hou op om jou eie leuens te glo. Jy dink jy mis my, maar jy doen nie. Ek het dit van te vore gesien en ek gaan nie weer vir dit val nie; iemand wat my mis omdat sy terugdink aan ons tye saam net om te besef sodra ons mekaar sien dat sy my nie gemis het nie.

Daai memories is vol romanse, misterie en diepte – maar sodra jy in persoon kom met my wonder jy hoekom jy so gedink het. Soos ek sê, ek het dit al gesien.

En jy spesifiek: jou boyfriend het jou onlangs gelos en of jy dit besef of nie, jy dink nie helder nie. Jys ‘n intelligente meisie, maar jys ook ‘n emosionele meisie. Ek weet hoe dit is om te dink dat jy helder dink terwyl jy nie so dink nie. Jys eintlik in denial en op soek na ‘n anker. Dan die volgende dag besef jy hoe emosioneel jy was en hoe jy oorreageer het. Dat jy my nie eintlik gemis het nie. Maar dans dit te laat. Dan het jy klaar als opgemors.

Ja, maar as een keer die afgelope twee jaar was daar tye wat ek meer aan jou gedink het as wat gesond was. Albei kere was dit kort nadat hy jou gelos het. Want dan skielik is daar niks in my pad nie. En die pyn wat hy jou veroorsaak maak dat ek net soveel meer vir jou omgee. Maar eks nie van plan om weer my hart bo my kop te sit nie. Dit draai nooit goed uit as ek dit doen nie. Nee. Ek het my afstand gehou want ek weet jou situasie is tydelik. Dat beide jy en ek emosioneel is. Dat die Liefde geduldig is. So hoekom jaag?

Qué será, será.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s