C. S. Lewis het ‘n goeie punt gehad dat die rede hoekom ons dinge van onsself haat is JUIS omdat ons ons self lief het. ‘n Ou wat homself haat sal nie moeite doen om te verbeter nie, net iemand wat vir homself lief is.

G. K. Chesterton het ‘n soortgelyke idee gehad. Liefde is alles behalwe blind. Uit liefde uit wil jy iemand verander. Want uit liefde wil jy hê daai persoon moet beter wees as wat hy is.

Nou sit ek hier by die donnerse huis want my universiteit is toe. Ek hoor die klok van my vorige skool wat in die verte lui en ek besef hoe verdom, vreksels lui ek is. Hier sit ek en mors tyd met stupid videos. Op skool, in Matriek, het ek soveel meer gewerk. Ek het nooit uit my pad uit gegaan om hard te werk nie – ek het gedoen wat ek moes. Maar tog het ek so baie gedoen gekry. Nou kan ek nie eers ‘n simpel taak doen nie. Wat de hel het gebeur?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s