‘n Afrikaanse post deur iemand wie ek geken het en nie die diepte van besef het nie. (Maar moenie worry nie, net ek weet van hierdie blog en jy weet dalk nie eers wie ek is nie)

Ballade vir 'n Woordesmous

Jy hakkel, stotter, snik, sukkel om te praat terwyl die trane oor jou wange rol. Jy probeer vertel wat gebeur het, hoekom jou hart aan skerwe is, gebreek soos die spieël teen die muur in jou sitkamer. Jy probeer nie net vertel nie maar ook sin maak van wat die afgelope uur gebeur het

Nooit sou ek kon glo dat iemand anders jou met jou hart van goud sou mishandel nie.

Fisiek.

Verbaal.

Vernietig

Jy wat jou altyd oor ander ontferm, wat onophoudelik omgee vir almal, wat altyd verkies om net die goeie goed raak te sien

Doodeerkik vra jy vir my hoekom ek in die nag se kleinste uur gekom het, hoekom ek enigsins my foon geantwoord het en nie gekla het oor die feit dat ek uitmis op slaap nie

Ek dink vriendskap is gebou op die hoogste vorm van respek en vertroue vir mekaar maar ook vir…

View original post 32 more words

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s