Soos meeste van julle weet is daar so iets soos die VF+, die Vreiheids Front. Hulle is nie naastenby so influensieel soos hulle was nie, maar hulle het nog ‘n naam. Veral onder Afrikaners.

Nou die afgelope jaar of twee het ek meer geïntereseerd geraak in hulle. Jy sien ek studeer politiek (eintlik internasionale politiek) en na ‘n semester van dit laas jaar het ek besef wat eintlik obvious is: die idee van verkiesings in Suid Afrika is nie om te wen nie, maar verteenwoordiging. As ‘n tiende van die land glo dis verkeerd om skoene te dra, dan sal die Geen Skoen party ‘n 10de van die parlement besit. Dis net so. Hulle wil nie wen nie. Hulle wil net hulle stem laat gehoor word.

So hiers ek. ‘n Hergebore Christen met konserwatiewe waardes: onder andere, pro-life, tradisionele huwelike en ‘n oop mark ekonomie (alhoewel ek erken ek ken nog bitter min ekonomie).

So die obvious party vir my is die VF+, alhoewel ek ook begin dink het aan daai ACDP, African Christian Democratic Party. Ek het gekyk na die VF se beleid op hulle website, die dinge wat hulle in glo – veral dat hulle ook in teorie vir Christen waardes is – en ek het ‘n paar videos op Youtube van hulle opgesoek.

Hulle het professioneel en oortuigend voorgekom. Geen rassisme nie. Net feite. Dis net al daai ander partye wat die VF van rasisme beskuldig, ne?

Nou op my universiteits kampus is daar geen VF verteenwoordiging nie. Hulle was daar, toe verdwyn hulle of iets ‘n hele klomp jaar gelede. Maar so ‘n maand of wat gelede het ‘n student wie ek ken wat die VF op ons kampus wil stig, kom ons noem hom VF Man, my gekontak en gevra of ek wil deelwees daarvan. Hyt seker my pro-VF posts op Facebook gesien.

Ek het gesê ek sal wil deelneem op twee voorwaardes: 1) Ek gaan eers daaroor bid en 2) Ek gaan nie in die party iets doen wat deen my waardes is nie.

Jy sien, die hoogste gesag in my lewe is Jesus en sy Woord. Ek sal nie wat hy sê buig voor die altar van ‘n onpersoonlike en, wel, onbelangrike party nie.

Dinsdag het een van die amptelike VF lede wat ons kampus afdeling wil stig, kom ons noem hom Bel Ou, my gekontak en gevra dat ek uitvind by spesifieke gebou wat dit behels om ‘n party te stig op kampus, asook om te sien wat ons kan doen daardie week om die VF te bemark.

Ek het ja gesê. Nou ek was besig op die oomblik, so iemand anders het solank navraag gedoen oor dit. Kom ons noem hom Random VF Ou. Toe ek klaar was het ek hom ge-join om uit te vind wat aangaan. Ek het gekyk na die vorms wat sê wat ons moet doen. In tussentyd het hy gaan hoor oor die afsluitings datum van nuwe organisasies asook die relings vir daai week, ‘n klomp organisies sou ‘n dag daardie week hulle goed bemark.

Toe hy klaar was het hy basies gesê dat die afsluitings datum geskuif is en dat ons op kampus mag bemark, solank ons nie op ‘n sekere plek is nie. Min of meer so iets. Hy was vaag oor dit.

So toe kom daai dag. Ek het geloop om van die VF lede wat sou uithelp te gaan ontmoet asook die ou wat my gekontak het en die ou wat my oorspronklik genooi het om aan die VF deel te neem. Hulle het ‘n tafel en ‘n bankie gehad en toe ry ons.

N0u hierso begin dit.

Toe ons wou parkeer op die kampus grond was daar nie veel plek nie. Van die plekke wat oop was het van daai oranje kegel goed gehad. Seker om die parkeerplek te reserveer vir iemand. Bel Ou het toe vir VF Man gesê om die kegel weg te vat. Ek het gedink dat dit regtig lelik was van hom. Sy hele attitude van hierdie kegel was een van konfrontasie amper. Hyt nie respek vir die universiteit nie.

Na ‘n wag aangekom het en ons gewys het waar ons kon parkeer, het ons buite gestaan en gewag vir die res. Daarso het ek begin wonder oor of ons gereel het met die universiteit om daar te wees. Een ou het gesê hy weet nie en Random VF Ou het gesê dat dit afhang hoe jy daarna kyk. Nogal vaag.

Anyway terwyl ons daar wag het VF Man ietsie komedies gedoen, toe sê Bel Ou in ‘n lighartige manier vir hom, “Gedra jou soos ‘n wit mens”. Rassisme? Eks nie heeltemal verbaas nie, maar ek het beter verwag. Ek meen hy is deel van die amptelike VF party wat ons nou help (?) om ‘n VF tak by ons te stig.

Ons het toe uiteindelik als opgeslaan en reg gepak. Voordat ek myself verkoop het deur my VF+ hemp wat hulle vir my gegee het aan te trek het ek gehoor by Bel Ou of ons nou actually permisie het om hier te wees. En raai wat sê hy. Hy sê EK het dit mos gereel.

WAT DE F*K? Jammer, eks nie ‘n ou wat vloek nie. So ek los maar daai *. Ek het net nie ‘n ander woord vir hoe ek gevoel het nie. Daars so baie dinge verkeerd met dit. Waar begin ek? Nommer een: Ek moes NAVRAAG doen. Daar was niks vir my gesê van dinge reel nie. Tweedens, Random VF Ou het gaan uitvind soos ek hierbo gesê het, nie ek nie. Derdens, toe ons daar besig was het ek en Random VF Ou op die VF+ whatsapp group vir ons kampus almal op datum gehou met wat aangaan. Al wat ek op die group gesê het was dat dit bitter moeilik sal wees om ‘n organisasie te stig weens ‘n klomp redes, onder andere omdat die sluitings datum vir nuwe organisasies daardie week was. Maar daarna het Random VF Ou als uitverklaar en gehoor dat die datum geskuif is. Laastens, ek het gedink dat Bel Ou, of wie de hel okal die leier is, sulke goed eers sal CONFIRM voor hy aksie neem.

Hierdie gebrek aan leierskap en organisasie is pateties. Absoluut pateties.

Anyway, ons het toe reg gemaak om nou mense te vra om te join. Die VF (of miskien net Bel Ou) het ‘n paar pamflette geprint. Pamflette wat NET in Afrikaans is. Ek meen come on. Hierdie universiteit is nie net Afrikaans nie. Dis so verdom uitsluitend om net Afrikaanse pamflette gee. Soos wat de hel?

Hulle het darem die fout agtergekom en gou Engelses gaan print. Hoe onnosel. Hoe maak jy so ‘n verdomde fout?!

Wat dit erger maak is dat die VF hulleself ge-rebrand het as nie net ‘n party vir Afrikaners nie, maar ‘n party vir alle minderhede. Dis een van die dinge wat my na hulle toe aangelok het. Okay granted, die kleurling minderheid is ook meestal Afrikaans. Maar wat van die ander?

Na ons so ‘n uur of wat besig was het ek vir VF Man gesê dat ek moet gaan. Daardie dag moes ek nog ‘n helse Geloofstudies taak oor Secularism doen. Maar dis effens van die punt af. Die punt is ek het ‘n verskoning gehad om te gaan.

Na so uur of wat by die flat het VF Man my gebel. Hyt gesê dat hulle weggejaag is omdat hulle nie geregistreerd is nie. Toe vra hy of ek vir dit gereel het. Toe sê ek vir hom dat Random VF Ou gaan uitvind het.

Jinne tog. So ek moes dit reel? Waar de hel kom hy aan dit? Maar anyway VF Man het dit opgeklaar met Random VF Ou.

En dis die einde van wat sover gebeur het. Maar ek wil nog ‘n paar goed sê. Iets oor die Here en iets oor die party.

Die Here eerste. Hierdie is effens van die punt af. Ek het gesê dat ek ‘n hergebore Christen is. Nou ek het agtergekom deur die jare hoe die Here my weghou van erge situasies. Meer as wat hy ander mense weghou. Ek weet nie hoekom nie. Soos ek moes op ‘n plek wees dan is ek nie. Byvoorbeeld ‘n tydjie terug was daar ‘n geveg tussen twee organisasies hierso. Ek wou graag ‘n kant vat. Maar elke keer wat daar ‘n optog is, is ek of te laat, of te vroeg weg, of ek het nie klas nie. Daar was tye wat ek WOU GAAN en dan keer iets my. Elke liewe keer. Asof Hy my weghou. En hierdie was nie die enigste geval nie. Ek kom dit al agter vir jare in ‘n klomp situasies.

Dalk voel die Here dat Hy my moet veilig hou of weghou vir een of ander rede. Ek weet nie. Ek voel net ek moet hom die due gee, selfs in hierdie post oor die VF+. En ek sien dieselfde het hier gebeur. Ek was bekommerd oor of ons daar mag wees. En wragties… skaars na ek weg is… daar word hulle weg gejaag. Ek was bang daar kom moeilikheid of hulle neem fotos of watokal. Ek raak paranoid oor sulke goed.

Verder, jy kom seker agter hoe ek nou en dan ‘n paar Engelse woorde ingooi. Ek gee nie om nie. Om myself te dwing om nou te praat soos ek nie praat nie, net omdat ek ‘n Afrikaanse post skryf of semi deel is van die VF, sal oneerlik teenoor myself wees.

Laastens, moenie dink dat ek die VF+ noodwendig gaan los nie. Hierdie event was insiggewend om die minste te sê. Ek meen ek hou nog van die party se prinsiepe oor die algemeen. Maar tog… die ANC is ook goed in prinsiep. Maar dit beteken niks in praktyk nie.

Ek bedoel net ek weet nie watse kant toe om te gaan nie. Miskien kan ek vrae vra vir hierdie Bel Ou en myself duidelik maak? Miskien moet ek ‘n brief stuur aan die VF+ leiers self. Dalk Kobus Mulder. Net om te sien hoe hy voel oor sekere goed. Ek weet nie. Dalk weet jy. As jy idees het, los dit in die comments.

Ek noem hierdie post Part 1, want obviously is hierdie saga nog nie verby nie.

Dankie vir jou tyd en raad.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s