Hou net ingedagte, hierdie  blog is vir my om net my gedagtes neer te smyt. Gewoonlik skryf ek in engels, maar ek het hierdie in Afrikaans deurgedink want ek sou dit op Facebook share. Maar toe dink ek, hoekom nie die blog nie?

Ek share nie inconsistent stuff op Facebook nie. Nee. Die blog is vir al my confusing gedagtes.

Daars ‘n reality show op TV op die oomblik. Dit draai om ‘n ou wat kyk hoe kinders met sekere mental probleme vorder.
Een van daai kinders het ADD, ‘n ander een het humeur probleme (amper depressief) en so ander een het tantrum issues.

Die heeltyd gaan hulle aan oor is dit nou ‘n siekte of is dit maar net die persoonlikheid. Dis siek. As jou kind nie reg is nie, stop hom vol met ‘n klomp pille.

Maar anyway, die een wat humeur probleme het het hulle gewys in sy kamer. Hy was besig om tape of iets teen sy vensterbank te plak terwyl sy ma en die tv ou met hom praat.
Die oukie het gese dat hy mense haat wat hom haat. Na ‘n argument met sy suster (hulle is albei jonk), het hy self sy Nintendo Wii met die games toe ge-tape. Om homself klaar te straf. Nou dink sy pa dat dit sleg is. Dat hy miskien in die toekoms homself erger sal straf.

Nou gaan hulle aan oor pille? Wat hy kort is liefde, ‘n bietjie respek en net so bleddie bietjie spasie. Daars niks erger as ‘n ouer wat jou versmoor nie.

Maar wat sal ek weet? Hulle weet seker beter.

Die meisie, by ‘n ander familie, het ADD. Sy vat ook gereeld haar pile. Wanneer sy nie doen nie sukkel sy om vriende te he. Sy sukkel om haarself te beheer.
Sy sê nogal dat dit seker sal weggaan soos  sy ouer word.

Haar broer (seker so in die twintigs) het ook ADD en hy vat nie pille nie. Sy ADD help hom juis om meer vriende te maak en meer uit te gaan.

Dit laat my dink aan twee mense wie ek ken met ADD. Die een wie ek al baie lank ken het ook op ‘n tyd pille gehad, maar hel dit het nie gehelp nie. Alhoewel ons vriende was onthou ek hoe hy die duiwel uit my uit geirriteer het, so in graad 7 en 8. Maar ek het nooit kwaad geword nie.

Maar lo and behold, vandag maak dit hom een van die mees uniekste, mees emosionele, mees absentminded en tog mees diepste persoon wat ek ken.

Wiet gesê ADD is ‘n disorder? Is dit “normaal”, nee. Is dit ‘n siekte? As jy so dink, is jy siek.

Die ander een wie ek ken, ‘n meisie… wel sys eintlik die een oor wie meeste van hierdie blog sover gegaan het. Sy vat gereeld ‘n klomp pille, maar nie net vir die ADD nie. Nee. Vir stres en ander issues ook.

Maar weereens, sys een van die oulikste persone wie ek ken.

So my boodskap aan jou as jy ADD het? Wel, as kind kan dit problematies raak, ja. Maar met tyd maak dit jou die mees interessantste en talkative persone wie mense ken.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s