Jinne deesdae voel ek nie goed nie. Soos dit gaan goed, baie goed, maar nie goed nie. Die afgelope paar dae – soos nou – voel dit amper asof ek ‘n panick attack probeer weghou. Nie dat ek op die oomblik in trane of so is nie –  glad nie. Dit is amper soos daai gevoel wat jy kry wanneer jy skrik. Skok seker. Maar jy probeer dit weghou. My kop is helder soos ek dit skryf, maar ek voel dit.

R- het gesê hy het ‘n IR blog begin. Jinne dit het my so baie idees gegee! Time will tell of ek by dit sal hou. My kop is vol van dinge wat ek kan skryf, hoe dit kan lyk, opinies, hoe dit my kan help om aan te hou journals lees, ens. Ek het besef dat dit die eerste ding is in ‘n baie lang tyd wat ek na uit sien. Die eerste ding in ‘n lang tyd wat my opgewonde maak vir die toekoms. Ietsie so klein. Wat sê dit van my?

Daai stres is werk. Ek weet nie wat om te doen nie, wat om na te kyk nie, wat ek moet na kyk nie, wat ek voor moet settle nie, en nie voor moet settle nie, hoe haastig ek moet wees of hoe rustig ek moet wees nie, of ek moet aanhou kyk vir iets relevant of net gaan vir watookal beskikbaar is nie.

Dit is net te veel soms.

En ek sê weer, ek skryf hierdie met beheer oor myself. Ek is nie depressief of in trane nie, maar daai angs is daar nou en dan. En dit is sterk soms.

In ander nuus, ons het The Idiot en Orthodoxy klaargelees. Ek kan nou uiteindelik weer bietjie fokus op my ander boeke wat ek al te lank afskeep: Purgatorio, Pilgrim’s Regress, Fools Talk, Metaphysics.

Ek wonder soms hoekom ek eintlik my gevoelens en probleme so vir myself hou. Ek kan mense sê. Ek wil en ek sal heelmoontlik. Eventually. Maar ek wonder net hoekom ek eintlik so ‘n privaat persoon is as dit kom by my emosies. Waar het dit begin? Ek luister na almal se issues alewig. Maar of hulle wonder nie regtig oor my situasie nie of ek steek dit net so goed weg dat hulle dink ek is fine. Heelmoontlik laasgenoemde. Die probleem is eerder by my as my vriende.

Leave a comment